Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 606 reviews.
"Bestuur kan beslis begroot om al die oorblywende hoekpale, geboue, windpompe ens. en rommel af te breek en weg te ry."
"Die enigste ding wat my gepla het was die padgeraas in die aande, maar ek verstaan en weet daaraan kan niks gedoen word nie."
"Dit is 'n stukkie wildernis baie naby aan Pretoria! As 'n mens tydsgebonde is, is dit baie vinnig om te bereik en 'n soortgelyke ervaring te ervaar as the Krugerwildtuin."
"Ek was verras deur die vriendelike personeel by die hek, plek is mooi skoon en aanwysings goed uitgesit om nie te sukkel en wonder waar jy is nie."
"Paaie in selfbestuurarea is in 'n baie slegte toestand en ek sal voorstel word slegs met 'n SUV / 4x4 voertuig gery."
"Dinokeng is lekker naby Pretoria vir 'n naweekwegbreek. Jy sal net 'n bietjie moet soek as jy die Groot 5 wil sien. Paaie is geskik vir byna enige motor en daar is heelwat eet- en kuierplekkies."
"Al die hekwagte het 'n ander storie oor die nature conservation fooi en permitte vir selfry - selfs die staf van die kamp waarnatoe hulle jou stuur is bietjie verward."
"Where are all the animals? We had difficulty finding any. Game viewing was poor."
"Die reservaat self is 'n wonderlike plek, net sommige mense kan nie by die spoed hou nie en hulle moet altyd jaag."
"Rusplekke/pienkiekareas nie altyd beskikbaar (geriewe soos geadverteer nie altyd oop nie)."
"The game reserve contains all of the big 5 as well as many other animals, but because they are wild, there is no guarantee you will see any of them on your trip. Some area of the park have very dense bush and can make game spotting difficult, but there are wonderful bird hides and picnic spots where you can relax and take some time to take in the surroundings."
"Dinokeng is tans nog 'n redelik ongerepte bestemming. Dit sal jammer wees indien die reservaat meer kommersieel ontwikkel word, of in 'n pendelwoonarea omskep word. Diere en die mens bestaan in gesonde harmonie saam in die reservaat."
"Very well-kept and managed. Always a pleasure to come here. Absolute value for money."
"Besoek gerus Arlington Brewery, die ontbyt is spot goedkoop (R45)!"
"Dinokeng should do something about the state of De Wagendrift Rd. The corrugations are extremely rough!"
"Dinokeng het goeie selfry-roetes, skoon piekniekplekke, baie restaurante en kiosks waar versnapperings gekoop kan word. Lekker naby aan Jhb vir gereelde besoeke. Daar is heelwat verblyfopsies binne die reservaat. Sommige blyplekke is beter geleë as ander; ons verkies plekke wat verder weg is van die teerpad, om meer bosgeluide te kan beleef."
"Moenie die Krugerwildtuin verwag nie. Tog het ons leeus, renosters en verskeie boksoorte gesien. Jy het verkieslik 'n voertuig met goeie grondvryhoogte nodig."
"Ek sou graag meer omvattende inligting vooraf oor Dinokeng wou verkry. Die webtuiste is nie werklik omvattend genoeg nie en so ook nie die inligting wat Marulani beskikbaar gestel het nie."