Verified Reviews
Durbanville
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Durbanville
Rated 4.5 out of 5 based on 228 reviews.
"Volgende keer sal ek sommer langer bly! Daar is wonderlike wynplase en aktiwiteite in die area. Ons het ontbyt gaan eet by Meerlust (Carlucci) en die kos was fantasties. Daar is oorgenoeg plek vir kinders om te speel en oral sien mens bergfietsryers en mense wat draf. Die omgewing is pragtig en daar is nog baie om te ontdek in die area. "
"Dis 'n baie veilig plek en die mense is vriendelik. Dis divers en ek beveel elkeen wat 'n reis Kaap toe neem vanaf die platteland om Durbanville hul bestemming te maak. Dis ook net 'n halfuur se ry Kaap toe."
"Sentraal t.o.v. die wynplase. Bietjie ver vanaf die middestad."
"Volgens my: Ver van lawaai, bo-gemiddelde woongebied waar geen minibus taxi's rondry nie en geen straatlopers nie. Naby alle kerke, winkelsentrums met alles wat winkelsentrums bied. Keuse van restaurante werklik baie wyd. Kaap is goedkoop behoort hul leuse te wees. Vrugte, groente, kruideniersware is alles goedkoper as Ooskus (Umhlanga en noord) en ook goedkoper as wesrand. Vir die persone laat dertig en ouer is dit die beste plek om te wees. Veilig en aktiewe privaatsekuriteitsdienste wat gereeld in omgewing gesien word."
"Baie stil, rustige en veilige omgewing, naby alles, maar tog voel dit of dit in die platteland is."
"Loved the central business district. You are able get all your supplies and more."
"Die perfekte bestemming omdat dit so sentraal geleë is - naby aan die meeste wynroetes, Kaapstad en, natuurlik, Bloubergstrand."
"Sentraal en rustig. Besienswaardighede maklik bereikbaar. Skoon en netjiese omgewing."