Verified Reviews
Durbanville
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Durbanville
Rated 4.5 out of 5 based on 228 reviews.
"Ons het malverlief geraak op Durbanville, ooptes, amper plaas-atmosfeer, tog heerlik naby Kaapstad en wynplase. Sal enige tyd weer in Durbanville verblyf bespreek."
"Coming from Gauteng, we were amazed at how clean the streets were. Lovely place near the wine routes."
"Ons het 'n paar jaar gelede gewoon in Durbanville en dit is altyd ons plek van keuse wanneer ons Kaapstad toe kom."
"'n Klein dorpie wat nou skielik uit sy nate bars weens ontwikkeling met groot besighede wat daar open. Nuwe residensiële gebiede word net buite die dorpskern opgerig met skole wat op groot toekomstige groei en vooruitgang dui. Dan is daar ook nog die wynroete asook maklike toegang tot paaie wat lei na Kaapstad en omgewing."
"Behalwe dat mens al jou varkies bymekaar moet hou met die verskillende afritte, is dit 'n veilige voorstedelike woongebied met verskeie roetes wat jou vinnig terug op die snelweg lei."
"Durbanville is 'n aangename omgewing met genoeg eetplekke as jy nie lus is vir selfsorg nie. Ook naby enige ander plek in die Kaap-omgewing."
"Durbanville is baie sentraal om by al die omliggende aktiwiteite uit te kom. Tygervallei, Willowbridge, Restaurante soos "Die Boer", Cattle Baron en vele meer. Om nie eers van die wynplase soos die "Spice Route" en die Trams wat hardloop in Franschhoek na 5 verskillende roetes ensovoorts. Nee regtig, 'n goeie bestemming."
"Durbanville is baie sentraal geleë en 'n mens kan sommer maklik binne 'n uur by plekke soos Houtbaai en Simonstad wees. Daar is lekker wynplase in die omgewing met heerlike eetplekke."
"Durbanville is sentraal geleë en veilig. Dit is 'n baie mooi area in die Kaap. "