Verified Reviews
Dwarskersbos
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dwarskersbos
Rated 4.7 out of 5 based on 391 reviews.
"Dis mooi stil en rustig so vir die wat heeldag wil sit op die strand of wil sit op 'n stoepie voor 'n vuur sal dit ideal wees, maar vir die wat iets soek om te doen en bietjie meer aktiwiteite nodig het is Langebaan of Velddrif 'n beter opsie, want in Dwarskersbos self is daar nou nie juis veel om te doen nie."
"Dwarskersbos in nog ongerep. Dit het basiese benodighede. Bring saam of Velddrif, Laaiplek is baie naby om aan te vul."
"Ons ken nie sulke wind nie, en ons het byna gevries. Blykbaar is dit deel van die Kaap se storms, maar dit sal my ontmoedig om weer Dwarskersbos toe te kom. "
"Blomme in omgewing en langs die pad is pragtig in Augustus en September. Uitgestrekte strand vir sit, kyk en stap."
"Dit is nie almal se "cup of tea" nie, maar vir my wat as kind daar vakansie gehou het, verstaan en die omstandighede en weer asook die oop strand."
"Dwarskersbos is by die mooi see en ry-afstand van baie besienswaardighede."
"Heerlike stil dorpie, alhoewel ons vermoed dit seker nie meer vir lank so sal bly as mens kyk na hoe dit tans reeds besig is om uit te brei nie."
"Wat 'n lieflike stil en ongerepte Weskus-dorpie. Ons gaan beslis weer ons voete daar gaan natmaak."
"Die area het pragtige natuurskoon. Die rustigheid van die area maak dit 'n plesier om daar te bly. Dwarskersbos word ten sterkste aanbeveel vir oornagverblyf of vakansie."