Verified Reviews
Dwarskersbos
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dwarskersbos
Rated 4.7 out of 5 based on 391 reviews.
"Very clean and neat house. Has everyting you need. Family loved it. Close to beach, pool and shops. Highly recommended."
"Dwarskersbos is a beautiful little village with a stunning beach. If you want a place to rest and renew your soul this is the place. It is paradise."
"Lieflike omgewing! Rustig en pragtig. Kan nie glo dat daar nog nie groter winkels op die dorp geplaas is nie. Dit sal voorwaar 'n aanwins wees vir die dorp."
"People will have to experience it themselves to understand that words cannot explain."
"Die rustigheid van Dwarskersbors is fantasties, verkeer is min en die see - wie kan ooit genoeg daarvan kry?"
"The little town is little but the surrounding towns has it all. We enjoyed the long walks and friendly people of the area. "
"Pragtige, rustige plek. Baie vrolike mense wat die heeltyd groet. Een seun skree sommer "Hallo, Oom!" Was net in my noppies om te sien die goeie maniere wat die jong seun het. Dankie almal in Dwarskersbos. Ek my naweek sommer baie baie geniet daar."
"Dit is 'n baie stil rustige dorpie - net wat jy nodig het om weg te breek van die alledaagse geraas en gejaag."
"Dis waar ons wil wees om af te sny van die stad en sy gewoel. Dis net 'n stukkie hemelse rustigheid."
"Dwarskersbos is 'n versteekte juweel aan die Weskus. 'n Lieflike, rustige bestemming vir vakansiegangers met eindelose strande, heerlike deli's en koffiewinkels en restaurante."
"Geen ander plek aan die Weskus kan 'n mens die see so geniet soos net in Dwarskersbos. Heerlike, veilige strand, warmer swemwaters."
"Dwarskersbos het die laaste paar jaar geweldig uitgebrei, met rye en rye vakansiehuise en nog baie meer ontwikkelings wat beplan word. Dit is dus nie meer die piepklein, doodstil Weskusdorpie wat dit eens was nie. Die strande is egter steeds toeganklik en mens kan baie ver stap op die wit sand. Daar is oulike restaurante in Velddrif, bv Teyana's is op die rivier met 'n pittige musikant en lekker kos. Halfpad Velddrif toe is So-verby restaurant - 'n juweel met 'n lieflike see-uitsig, lekker kos en pragtige kunswerke. Ry gerus Lambertsbaai se kant toe en stop by die Skooltjie Padstal vir plaaslike produkte. Vars vis kan gekoop word by die NOSSAP winkels in Velddrif, maar as hulle toe is (bv. Saterdagmiddag en Sondae) kan die gevriesde vis by die gerieflike Velddrif Spar aanbeveel word. Die Spar het goeie kwaliteit vrugte, groente en wye verskeidenheid kruideniersware. Die gawe mense by Dwarskersbos se plaaslike Mini Mark het ook basiese benodighede bv. hout en roomys."