Verified Reviews
Elands Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Elands Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 172 reviews.
"Heerlik om by die hotel buite te eet terwyl die see vir jou wink. Ook Vensterklip en Die Mosselpot bied heerlike kos en gasvrye diens."
"Kon nie strand toe gaan nie weens nuwe Covid reels. Jammer, want dit is 'n baie mooi strand. "
"Rustig omgewing. Mooi en skoon strand. Lekker fietsry, stap, visvang en kreefduik geleendhede."
"Klein en rustig, met baie karakter. Daar is nie veel om te doen nie, en dis seker die punt van so n dorpie. Daar is goeie selfoon sein, maar die veelvoudige padwerke het ons rustige terugry Kaap toe kuslangs bietjie bederf. Ons kla egter nie te veel oor paaie wat onderhou en herstel word nie."
"Dit is lekker vir rus en indien jy alles ingepak het. Maar die dorp is baie klein en het beperkte geriewe of winkels om kos of enige kamptoerusting ens. te koop."
"Heerlik gekuier by Elandsbaai Hotel - "local is lekker". Die Elandsbaai omgewing bied baie vir die natuurliefhebber."
"Die strande was so stil, dit voel of dit privaat strande is. Ons gesin het veilig gevoel en on het die hotel se kos ook baie geniet."
"A little patience to be exercised as the road between Dwarskersbos - Ebay has 5 Stop and go points due to roadworks, the upgrade will bode well for future travel upon completion."
"Dit was perfek vir totale ontspanning en rus vir die siel."
"Rustige dorpie, vriendelike and gasvrye mense. Slegs een ATM, maar met Lambertsbaai ongeveer 30 km weg, was dit nie 'n groot probleem nie. "
"My hart bly daar agter en my lyf is terug in Johannesburg. Ongelooflike lekker rustige en netjiese dorpie."
"Lekker rustig, die atmosfeer is anders as die bedrywige stad waaraan ons gewoond is. "
"Behalwe vir die 45 km padwerke wat nog nie voltooi is nie, is Elandsbaai nog klein en primitief met baie potensiaal en vriendelike inwoners. "
"A really small little town with almost no shops etc. but perfect if you're looking for time out."