Verified Reviews
Elephant Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Elephant Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1204 reviews.
"Ongelooflike dorpie met so baie om te doen en sien. Het dit baie geniet en kan nie wag om weer terug te gaan nie!"
"It was my first visit to St Lucia and will certainly be back for more when its warmer! Looking forward to explore the area more."
"Hluhluwe is 'n lekker middelpunt vir vele bestemmings in Noord-Natal."
"Om die strande te besoek moet jy deur padblokkades gaan. Op pad na Cape Vidal het die polisie hele voertuig deur soek vir alkohol al het ons gesê daar is nie. "
"St. Lucia dorp het baie agteruit gegaan gedurende die, of as gevolg van die Corona grendeltydperk. Die feit dat jy soos 'n krimineel behandel word as jy die strand wil besoek deur sekuriteitswagte wat aangestel is om drank en wapens op die strand te voorkom, wat ons ten volle ondersteun, is nie aanvaarbaar nie. Ek sal aanbeveel hulle word op 'n toerismekursus gestuur en geleer hoe om met gaste te werk en praat. As gevolg van die ongeskikte/onprofessionele optrede sal ons eerder ander bestemmings in KZN besoek."
"Die krokodilplaas is in 'n baie swak toestand en die diens was uiters swak van die personeel. Dit het voorgekom asof die persone by ontvangs besoekers ignoreer."
"Perfekte plek om te rus en vir die wat hou van visvang is dit 'n ideale plek."
"St. Lucia is nog een van die min dorpe in ons land wat baie netjies en skoon is."
"'n Pragtige plek met 'n pragtige en lekker swemstrand. Fantasties vir duik en snorkel en die strand is pragtig skoon."
"Heelwat natuurreservate maar met baie min diere. St Lucia as die naaste strand (130 km) het geen haainette of lewensredders nie. Daar was ook geen water in die toilette nie. Sodwana (150 km), wat die tweede naasste strand was het ’n toegangsfooi van R35 per persoon."
"Baie lekker vakansiebestemming. Het die see en wildkyk op een plek. Baie om te doen en kan lekker in die dorp rondstap en restaurante besoek."
"What a surprise we had. Parkes, beaches and sidewalks kept cleaned. We liked the idea of the check points and that they did not allowed alcohol on the beach. Made it so much more pleasant."
"My all-time favourite. Die perfekte, vriendelikste en lekkerste dorpie om in vakansie te hou! St. Lucia gee my siel vrede."
"St Lucia bly ons as gesin se gunsteling vakansie-bestemming. Verlief op die natuurskoon en Cape Vidal se strande. Enigste plek waar jy op pad strand toe 'n olifant kan raakloop."