Verified Reviews
Elephant Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Elephant Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 1204 reviews.
"Gesellige plekkie met uitstekende eetplekke. Lekker stil buiteseisoen. Cape Vidal is egter duidelik besig om agteruit te gaan - sedert ons 'n jaar gelede daar was is die verval duidelik: vuil en verstopte toilette en grondpaaie is in swak toestand. Jammer dat hierdie juweel ook nou deur die regering vernietig word."
"Bootvaart op die meer, uitstappies na die Oos en Wesoewers van die meer en Cape Vidal (om te snorkel) word aanbeveel!"
"Nie so maklik om strand toe te stap nie, of ons het nie die regte paadjie ontdek nie. Natuur en omgewing pragtig."
"Great place if you want peace and quiet, like long walks on the beach, fishing and going to the various game reserves like Isimangaliso Wetland Park and Hluhluwe–iMfolozi Park."
"Somewhat noisy later on Saturday night, 13 Nov, with a celebration at a resort nearby, but not to extremes."
"Mooi deel van land. Baie natuurreservate en mooi strande. Nie regtig 'n plek vir klein kinders nie. Ook nie goeie swemstrande nie. Goeie plekke om te besoek: Canerat crafts, Cane Cutters voëlpark, krokodilplaas, Chane cheese farm, Cape Vidal en Mission Rocks."
"St Lucia was skoon en netjies en het gely onder Covid-19 en beurtkrag. Die reservaat naby Cape Vidal was amper toegegroei en was daar te min diere om te sien terwyl daar oorvloed aan kos is. Die toegangspad na St Lucia vanaf die N2 begin nou rommelig te word met allerlei herstellings langs die pad wat die pad enorm ontsier wat ernstig nadelig kan word vir St Lucia."
"So much to do, great tours, great beach. Isimangaliso Wetland Park is a hidden gem. Recommend you buy a KZN parks map book."
"Baie lekker, veilige vakansieplek. En Cape Vidal is 'n moet as jy in St Lucia is."
"Raserig. Plek (dorp) is vervalle en dit gee nie goeie indruk nie. Was beïndruk met hoe skoon dit is."
"Baie lekker dit is net ver pad na die strand toe, andersins is dit baie lekker."
"Vir wat 'n mens kry is dit 'n bietjie duur, maar dit is die enigste, netjiese plek waar 'n mens kan oorslaap."
"Ek kan sien Covid het hierdie mooi plek baie seergemaak. Hoop dinge kom gou weer reg. "
"Pragtig mooi en skoon. Werklik verras gewees oor die mooi skoon omgewing en die vriendelikheid van die mense. Veral die kere wat ons Vidal en Wetlands besoek het was dit vervrissend mooi en netjies."
"Not a very attractive area, but seems to be quiet and easy for one to refresh away from home."