Verified Reviews
Ermelo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ermelo
Rated 3.4 out of 5 based on 104 reviews.
"Die besoedeling was vir ons erg, nie juis gewoond aan dit nie. Kom van besoedelvrye area af."
"Dis 'n baie klein dorpie soortgelyk aan Welkom of enige ander plaas/myndorpie. Dis lekker stil en nie te warm nie. Dis goed om mentally bietjie weg te kom van die besige stadslewe en as jy nie van die see hou nie."
"Daar is 'n groot verskeidenheid winkels in die dorp. Jy sal definitief kry waarvoor jy soek. Vriendelike mense in die dorp. Pad na Ermelo is beeldskoon om groen vlaktes te besigtig."
"Van wat ons van ander vriende ook gehoor het, is Ermelo se gastehuise nie op standaard nie en dit was ook ons ervaring."
"Ons was nog nooit op Ermelo nie en was verras deur die grootte van die dorp. Die paaie moet dringend herstel word en gemors opgeruim word. "
"Ermelo se strate lyk baie sleg. Vol slaggate. Andersins is die dorp se mense baie vriendelik."
"Had a rump steak at The Dros which was excellent and service was very good."
"Ermelo is nou nie juis wat ek as 'n toeristebestemming sou beskryf nie, maar dit is goed geleë vir oorslaap in die Mpumalanga. Die lugbesoedeling en swak toestand van sekondêre paaie doen aansienlik afbreek aan die natuurskoon. Ek besoek Ermelo slegs vir besigheidsdoeleindes."
"Too much smog from local coal fires in the in the inter months. Not pleasant at all."
"Die dorp het baie ander goeie plekke om te bly en is 'n ideale plek om oornag te slaap as op pad na Mpumalanga toe is."
"Soos meeste van ons dorpe maar is, is die slaggate formidabel. Sommige plekke so erg dat wiele nie net sal beskadig nie maar die moontlikheid van die wiele af kan ruk, bestaan! Die reën het dit vererger want die slaggate het in damme verander."
"Ermelo het die beste dokters en ons kom van ver om hulle te besoek, dus slaap ons gereeld oor, maar sal beslis nie werd om van die dienste gebruik te maak nie. Slaap eerder in my kar voor ek by sal oornag."
"Ermelo het baie agteruit gegaan vandat ek 3 jaar terug daar was. Die pad na 'n sekere skool waar ons konferensie gehad het was vol slaggate. En dit nogal in die nuwer deel van Ermelo! Andersins is Ermelo 'n tipiese plattelandse dorpie waar mens tot ruste kan kom."
"Ek glo nie dat Ermelo regtig as 'n toeristebestemming beskou kan word nie, maar dit is 'n goeie halfweghuis met genoeg om te doen en te ervaar."
"Ermelo is conveniently situated to the Kruger Park and we always stay there before and after visiting the park."