Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Worcester, Escape From Cape Town
Linge Longa"Definief 'n uitstekende basis van waar jy die hele asemrowende Slanghoekvallei kan verken!"
Hermanus, Escape From Cape Town
Hermanus At Home"Ek hou baie van Hermanus. Dis 'n plek vol toeriste en die see daar is fantasties."
Caledon, Escape From Cape Town
Die Pastorie"Daar is nie baie akkommodasie vir mense wat graag naby trouvenues wil bly nie. Veral met kinders. Van die plekke wat wel in die omgewing van Caledon is, is bitter ver, mense met kinders wil naby wees. Dit is ook baie duur vir gaste om te oornag. Sommige plekke laat kinders toe maar moet vol prys betaal. Of ekstra kamers boek. Ek voel as jou kind in elk geval deur die loop van die nag by jou kom inkruip hoekom dan ektra betaal vir 'n kamer waar hy nie eens in slaap nie. "
Paternoster, Escape From Cape Town
Strandlopertjie"Dis 'n baie mooi klein dorpie en alles is na aan mekaar, die mense daar baie vriendelik."
Paternoster, Escape From Cape Town
Jongnooientjiesfontein"Die Voorstrandt Restaurant word beslis aanbeveel. "
Hermanus, Escape From Cape Town
Fisherhaven Traveller's Lodge"100% fantastic as a tourist destination. Beautiful sights. Friendly people, friendly city. Will definitely go back, as our time was too little. Will highly recommend and refer. "
Tulbagh, Escape From Cape Town
Raptor Rise"As toeristebestemming word hierdie dorpie hopeloos onderskat. Vermy die hoofdorp op 'n Saterdagoggend en besoek die wynplase vir rustigheid. Sondag is die ideale dag om Kerkstraat te verken, op jou eie of as deel van 'n begeleide toer."
Tulbagh, Escape From Cape Town
Fraaigelegen Farm"Gesellige dorpie met verskeie restaurante om van te kies."
Paternoster, Escape From Cape Town
Gonana Studios & Villa"Dit is vir my hartseer om te sien dat soveel onwettige krewe gevang word en in plastieksakke rond gedra word. Sou graag wou sien dat daar daadwerklik gepatroleer sou word daarteen."
Robertson, Escape From Cape Town
DuVon Farmhouse"Robertson is die mooiste ou dorpie en ons was so beïndruk met die restaurante! Het bitter lekker geëet! "
Melkbosstrand, Escape From Cape Town
Orange Inn Melkbosstrand"Skoon, vriendelike mense, stunning see, 'n wonderlike plek om te ontspan!"
Tulbagh, Escape From Cape Town
Raptor Rise"Tulbagh is 'n besonderse mooi bestemming met die pragtigste uitsigte en vriendelikste mense!"
Still Bay, Escape From Cape Town
Die Hawehuis"Mal oor Stilbaai. Goeie plek vir mense van alle ouderdomme. "
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Droomvanger"Dus 'n baie nice plek. Hulle moet dalk nog 'n groot handelaar en eetplekkies by kry."
Kleinmond, Escape From Cape Town
Mondche"Ons beplan reeds ons volgende uitstappie in daai omgewing. "
Robertson, Escape From Cape Town
De Hoop Cottages"Die plekke om te sien is beeldskoon en hemels en die natuurskoon en gastehuise is baie mooi."
Riebeek West , Escape From Cape Town
Riebeek Valley Hotel"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
Melkbosstrand, Escape From Cape Town
Watersedge 21"Melkbosstrand is a quiet and friendly town. Good restaurants along main beach. 20 min from Cape Town and close to other West Coast destinations as far as Saldanah Bay. Ideal for a quiet and relaxing break."
Paternoster, Escape From Cape Town
Paternoster Coves"Ons gunsteling vakansiedorp. Die onwettige kreefhandel pla egter en die regering dit moet oplos."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Droomvanger"Yzerfontein is 'n veilige, skoon en goedversorgde dorpie waar 'n mens heerlik kan ontspan. Omdat daar nie baie besighede is nie, is daar 'n rustigheid met min verkeer en geen mense wat doelloos rondlê nie. Sonskyn Radio is ook 'n aanwins vir Yzerfontein! As jy rus en vrede soek, is dit die plek!"
Suurbraak, Escape From Cape Town
Suurbraak Schuur"'n Juweel. Moenie verby ry nie. Stop en gesels met die mense, jy sal nie spyt wees nie. "