Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Klapmuts, Escape From Cape Town
Tuinhuis"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
Citrusdal, Escape From Cape Town
Marcuskraal Campsite"Die Citrusdal-area bied so baie vir die toeris. Die omgewing is so mooi!"
Yzerfontein, Escape From Cape Town
18 First Avenue"Klein dorpie as jy van rustigheid hou. Enigste winkel op die dorp is die Spar wat baie besig is met baie lang rye gedurende Desember. "
Still Bay, Escape From Cape Town
Vermaak-Likheid Garden Cottage"Wonderlike plek, maar ongelukkig is die plek bestrooi met stompies by elke bankie waar jy wil gaan sit om na uitsig te kyk. Dit is hondevriendelik, maar ongelukkig moet jy mooi kyk waar jy loop anders trap jy in poef en oor Nuwejaar gee niemand om oor honde nie - die vuurwerke gaan mal."
Paternoster, Escape From Cape Town
Strandlopertjie"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
Hermanus, Escape From Cape Town
Roofers Nest Guest House"Hermanus is een lieflike dorp met gawe mense en die mooiste see-uitsigte ooit!"
Melkbosstrand, Escape From Cape Town
Watersedge 3"Dis een van ons gunsteling vakansiebestemmings in die Kaap en ons sal definitief weer gaan."
Dwarskersbos , Escape From Cape Town
Coco Self Catering Units"Pragtige plek en sal dit graag weer wil besoek. "
Langebaan, Escape From Cape Town
Makarios B&B"Langebaan is great for a short holiday. All the ocean activities are depended on the weather. It's a holiday destination but there were a few fast food places that closed early which was a not so good, as there are not that many eating places. "
Dwarskersbos , Escape From Cape Town
Dwarskersbos Slakkepas 3"Egte Weskusdorpie met opregte en vriendelike mense. "
Robertson, Escape From Cape Town
De Hoop Cottages"Heerlike wynplase - Graham Beck en Spingfontein, asook Karnskop en De Wetshof. "
Bredasdorp, Escape From Cape Town
Ou Werf"Hierdie dorpie is lekker sentraal vir uitry na die verskillende strande toe. Sal definitief weer daar 'n draai maak."
Port Owen, Escape From Cape Town
Le Marina Bed and Breakfast"Wat Port Owen so lekker maak is dat dit nie deur honderde dagbesoekers bestorm word soos ander plekkies in die Weskus nie."
Silversands, Escape From Cape Town
The Water Mongoose"As ons nou praat van die naaste strand, was die parkering daar 'n nagmerrie. Dis baie klein en beperk wat daartoe gelei het dat die bestuuder langsaan ons haar deur teen ons voertuig gestamp het. Die toilette daar laat veel na wense oor, bv. geen storte om die sand af te spoel na jy van die strand terugkeer nie. Andersins was die strand pragtig, vreedsaam en skoon. "
Clanwilliam, Escape From Cape Town
De Pakhuys"Die Cederberge is ongelooflik mooi en sal graag meer tyd daar wil bestee."
Velddrif, Escape From Cape Town
The Sunset Villas - Old"Velddrif het pragtige strande en al die klein, versteekte eet- en kuierplekkies gee die dorpie baie karakter."
Montagu, Escape From Cape Town
Keisie Cottages"Daar is nie woorde om die dorpies te beskryf nie. Dit is net 'n wêreld op sy eie. Sal enige tyd weer gaan."
Gansbaai, Escape From Cape Town
28 Kolgans"Alhoewel Gansbaai nie self 'n swemstrand het nie, was dit vir ons heerlik om die omliggende strande te verken: Stanfordbaai (met 'n grasperk as 'n strand!), Kleinbaai, Franskraal, Pearly Beach, Hermanus, Danger Point, ens. Gansbaai is ongetwyfeld die haaihokduik-Mekka van Suid-Afrika (ongelukkig net baie duur vir plaaslikes - tussen R1450 en R1800 per persoon!) en die rehabilitasiesentrum vir pikkewyne is definitief 'n besoek werd. Ons was gelukkig om te kon beleef hoe 10 pikkewyne weer in die oseaan vrygelaat is! Ongelukkig is 'n besoek aan Dyer-eiland ons nie beskore gewees nie aangesien die pryse vir 'n bootrit daarheen begin by R1000 per persoon. Daar is egter genoeg winkels op die dorp om alle benodighede aan te skaf. Ons beveel baie graag die 'The Great White House'-restaurant in Kleinbaai vir 'n onvergeetlike ete aan! Ons sal Gansbaai en sy mense onthou vir hulle ongelooflike hartlikheid en vriendelikheid en hoop om weer in die toekoms daar te kan vakansie hou."