Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Struisbaai, Escape From Cape Town
At Patat Cottage"Mooi en klein dorpie, moeite werd om die ligtoring uit te klim en al die pad te ry tot by Suiderstrand, mooi landskap en ryk in geskiedenis. Gaan eet vis en chips sommer by die hawe, gevolg met softserve roomys! Ontmoet die local 'sting rays' wat in die middae kom vis eet in die hawe, mooi belewenis. Min om te doen, maar dit is die punt! Aan Langezandt Fisherman's Village (At Patat) se kant is die strand poeierwit, en aan Kaap Aghulas se kant groot pebbles met rots formasies, twee mooi konstraste. Sal enige tyd weer gaan."
Sandbaai , Escape From Cape Town
Ocean Song Self Catering"Dit is 'n netjiese omgewing en die bewaring daarvan word baie benadruk - dit is baie belangrik. Sandbaai is 'n kosbare plek en iemand wat lief is vir die see en seelewe sal lekker hier vakansie hou. Neem 'n verkyker saam. Stap baie en geniet die natuurlewe in die see maar sowel langs die see. Gebruik die rustigheid van die plek en neem jou tyd met die ontdek van al die andersheid as wat 'n besige stad jou kan bied. Bly uit die winkels en sien die pragtige natuurskoon so ongerep raak."
"Sentraal geleë in die wynroete en baie om te sien en te doen. Heerlik geëet by die Taalmonument en De Kelder."
Langebaan, Escape From Cape Town
Flamingo Park A2"Pragtige dorp, wat reeds baie uitgebrei het na ons laas daar was. Vriendelike mense en skoon strandgebied, lagoon. Pragtige vlooimark! Langebaan rock! Ek raai enigeen aan om daar te gaan afpak."
Van Riebeeckstrand, Escape From Cape Town
Sunset on Visvanger"Heerlik toeganklik en stapafstand van Melkbosstrand en uitstekende restaurante."
Suurbraak, Escape From Cape Town
Bibi's Joy Self-catering House"Baie stil dorpie. Ideaal vir die wat wil wegkom van als en almal."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Ohana Self Catering"Jacobsbaai is 'n pragtige en rustige dorpie. Daar is net nie 'n strand vir die kinders nie en ons moes Langebaan toe ry om op 'n strand te kan speel en baljaar. Sou ook baie lekker gewees het indien daar dalk 'n diens was waar 'n mens fietse kon huur om die dorpie mee plat te ry. Sal Jacobsbaai defnitief weer besoek!"
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Driftwood Self-Catering Home"Yzerfontein is 'n klein juweel met oulike plekke in omgewing om te besigtig."
Kleinbaai, Escape From Cape Town
xxxxxxxxxxxxxxxxxx"Kleinbaai is wat hy sê. 'n Klein baai. Baie rustig en stil. Vriendelike mense. As jy wil inkopies doen is Gansbaai net om die draai."
Barrydale, Escape From Cape Town
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Daar is geen apteek in Barrydale nie."
Melkbosstrand, Escape From Cape Town
Melkbosstrand Bed and Breakfast"Pragtige plekkie teen die see en heerlike stappies strand toe!"
Paternoster, Escape From Cape Town
Tietiesdraai"Ek weet nie of ek self weer Paternoster sal besoek nie maar die plek is verskriklik gewild en ek weet van mense wat dit elke jaar sal besoek. "
Kleinmond, Escape From Cape Town
Goedemoed"Kleinmond is 'n mooi dorp met alles wat 'n vakansieganger vereis. Die bewarea teenaan die strand is pragtig. "
Pringle Bay, Escape From Cape Town
Ambleside on Pringle Bay"Pringlebaai is verseker 'n droom toeristebestemming vir persone wat lief is vir die buitelewe."
Betty's Bay, Escape From Cape Town
Betty's Bay Holiday Home"Bettysbaai is 'n besondere mooi plek. Net jammer die verblyf het so 'n wrang smaak in die mond gelos."
Hermanus, Escape From Cape Town
Protea 29"Onrus, waar die huis is, was vir ons lekkerder om te kuier as Hermanus self."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
Goblin's Inn"Die strand is rustig en veilig maar nie skoon nie. "
Swellendam, Escape From Cape Town
Old Thatch Lodge"Swellendam is 'n wonderlike, interessante plekkie en sal altyd deur ons aanbeveel word op reis na Kaapstad."