Verified Reviews
Escape From Johannesburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escape From Johannesburg
Rated 4.2 out of 5 based on 8862 reviews.
Parys, Escape From Johannesburg
Mistique Waters"Nie vir bejaardes en gestremdes. Geen behoorlike beweegplek op sypaadjies vir strollers en rystoele."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Thorn Tree Bush Camp - Tented Camps and Cabins"Selfry-roete is by tye baie moeilik om te volg met nie al die paaie wat aangedui is nie, en die roete nommers dui nie orals aan wat die nr van die volgende baken is nie. Maar dit is ook lekker om net rond te ry as jy tyd het. "
Parys, Escape From Johannesburg
A Mountain View Country Estate"Baie oulike plaasdorpie met vriendelike mense en interessante winkels en kuierplekkies."
Parys, Escape From Johannesburg
Uit en Tuis Guesthouse"Parys is onbeskryflik. Beslis prentjie mooi, kunstenaars dorpie, vintage, nostalgies mooi. Jou gedagtes verdwaal beslis daar met al die mooi. Die gasvryheid staan beslis uit in die dorp en nie eers te praat van die kos nie! Parys is uniek."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Bush Willow Chalets"Die wildreservaat is ideaal vir mense wat die Groot 5 wil sien en lief is vir die bos. Sal weer gaan!"
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Willow Retreat"Nog net zipline en lugballon rit en jagluiperd plaas besoek dan het ons als al in Harties gedoen. Kan nie wag om dit te gaan doen nie. "
Kleinfontein, Escape From Johannesburg
Mountain Mala Game Lodge"Kleinfontein is 'n goeie bestemming in 'n boeregemeenskap nie te ver van Pretoria en Johannesburg en naby genoeg aan Brits."
Brooklyn, Escape From Johannesburg
Bwelani Guest House & Self Catering"Die Hazel Food Market is 'n moet om te gaan belewe."
Parys, Escape From Johannesburg
River Cottages"Baie rustig maar geen vermaaklikheid vir jonger mense nie."
Mogwase, Escape From Johannesburg
Rantsho Lifestyle Guesthouse"Stil plekkie maar min winkelgeriewe beskikbaar."
Parys, Escape From Johannesburg
Aloe River"Kraan water is nie drinkbaar. Bring maar eie water of koop op die dorp."
Hartbeespoort, Escape From Johannesburg
Westlake 205 Peninsula Hartbeespoort Dam"Die Aquarium was 'n groot teleurstelling, die plekkie is baie verwaarloos."
Magaliesburg, Escape From Johannesburg
Nullarbor Cottages"Dit is 'n baie eklektiese, rustige plek met 'n interressante karakter."
Dinokeng, Escape From Johannesburg
Rooibank"Ons het die bos en die wilde diere baie geniet, ons het die hele reservaat platgery en dit was wonderlik. Die kaart is moeilik om te verstaan, maar het meer sin begin maak soos wat ons die plek leer ken het. Toiletgeriewe is skraps. Dit is 'n heerlike bestemming, na aan Pretoria en ons sal beslis weer daar besoek aflê."
Magaliesburg, Escape From Johannesburg
Arbour Gardens"Ons het ons tyd daar baie geniet en ek kan Saddle Creek Adventures en Maropeng sterk aanbeveel."
Lynnwood Ridge, Escape From Johannesburg
Lynn Ridge Guesthouse"Ek dink die mense wat 'n gastehuis bestuur moet vriendelik wees en almal kan by Heila iets gaan leer, sy is 'n pragtige mens. Baie dankie aan haar en haar man vir alles."
Secunda, Escape From Johannesburg
201 Coran Park"Onverwagte kragonderbrekings is, maar 'n tipiese kenmerk van Mpumalanga. "
Bethlehem, Escape From Johannesburg
Die Ark Self-catering"Net so koud soos ek onthou. Munisipaliteit moet dringend aandag gee aan die slegte paaie van die dorp. "
Parys, Escape From Johannesburg
Roamers Rest"Baie om te sien kuns gewys, maar paaie het baie slaggate. Ook baie vullis wat al langs die rivier rondlê."