Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 1579 reviews.
"Lydenburg se paaie is verskriklik! Dis nie net potholes nie, maar swak reggemaakte paaie wat onnatuurlike hobbels en gate ook nog in die pad veroorsaak. Maak ook nie saak in watter rigting jy in Lydenburg ry nie, al die paaie is in 'n skokkende toestand. Jy moet maar ekstra tyd vir reis deur Lydenburg bereken, bordjie wat aandui dat jy 100 km/h mag ry, kruip almal teen 40 km 'n uur om net veilig te bly."
"Die swak paaie in die dorp en omliggende area is vreeslik swak. Myn- en landbou-trokke moet liefs nasionale paaie gebruik om goedere te vervoer."
"We sadly could not enjoy the full hospitality of Dullstroom due to the lockdown. However, it has motivated us to make it a destination in future. Adriaan at Cspirit makes a mean Americano and we received wonderful service from everyone we encountered."
"Pasop vir koffiepryse by restaurante. Dis duurder as alkohol en glad nie vergelykbaar met ander dorpe nie."
"Mrs Simpson is die restaurant op die dorp wat almal moet besoek vir fantastiese kos en ongelooflike gashere."
"Dullstroom het net daardie aura omtrent die plek, rustig skoon en jy sien die mooiheid van God in die plek."
"One het pre-covid elke jaar na Dullstroom se "Winterfestival" gegaan, so nou gaan ons steeds. Mrs Simpson is 'n bekende restaurant met kos uit hierdie wêreld! Jy moet net vroegtydig bespreek. Hulle plaaslike brouery- Anvil - maak goeie biere en die pasteie is baie lekker!"
"Pragtige dorp, maar die trokke wat dag en nag deur die dorp ry is 'n groot afsitter. Sal beslis weer gaan, maar akkommodasie buite die dorp kry."
"Klein dorpie met die vriedelikste mense. Skoon en veilig. Ons het so lekker gekuier. Sal beslis weer gaan maar dalk bietjie langer die keer om by al die lekker eetplekke uit te kom."
"Dullstroom is verskriklik duur. Die area is definitief meer gefokus op buitelandse besoekers. Die plaaslike inwoners is baie gasvryheid en behulpsaam. 'n Moet-doen is om na die Dullstroom Bird Of Prey and Rehabilitation Centre toe te gaan, dit was 'n indrukwekkende ervaring."
"Die grootste negatief is die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg. Die slaggate is uiters gevaarlik indien jy nie 'n lae spoed handhaaf nie. Die hoeveelheid trokke op die pad maak dit ook moeilik."
"Vat maar genoeg warm goed saam as jy Dullstroom besoek. Oulike dorpie, net jammer vir al die swaar vragmotors wat deur die dorp loop."
"Ons is mal oor Dullstroom se skoonheid en verskeidenheid oulike winkels. Dit is 'n droomdorp. A walk in the clouds."