Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Definitief 'n dorpie wat sommer vinnig in jou hart inkruip, met al sy klein winkeltjies en sy natuurskoon."
"Paaie is onlangs opgegradeer en dit is baie goed vir die dorp. Ons kom graag weer terug."
"Ek sou dit nie as 'n toeristebestemming bestempel nie, maar dit is 'n mooi woonbuurt."
"Paaie in dorp uiters is swak. Sal mense aanraai om tweekeer te dink oor in die dorp oorbly. Paaie na Kroonstad ook baie swak."
"We had a wonderful dinner at Nell's restaurant in town. Pleasant atmosphere and a well presented meal. We departed on the Sunday morning and it was just unfortunate that the renowned butchery was closed."
"The municipality must please have a look at the tar roads and fix it, especially the ones in town."
"Bloemfontein is 'n aangename stad en die besighede in en rondom Bloemfontein is aangenaam."
"Bultfontein is 'n tipiese plattelandse dorpie en gaan ongelukkig nie in almal se smaak val nie, maar dit is beslis die moeite werd om daar aan te gaan en te kyk wat daar is. Mense is vriendelik en hartlik. Vandaar kan jy ook na ander omliggende dorpe ry soos Hoopstad en Wesselsbron en dan maak jy dit die moeite werd om te sien wat in die omgewing is. "
"Baie lekker dorpie om te besoek, met baie om te doen. Dit is ongelukkig net die paaie daarheen wat hard is op die bande, en kan veroorsaak dat mens nie te gretig is om weer die reis aan te pak nie. Veral die pad vanaf Viljoenskroon tot Steynsrus is baie erg, en ook die stukkie waar jy afdraai na Ventersburg tot in Welkom. Maak nie saak watse pad jy ry nie, hulle bly maar gevaarlik en maak die reis na Clarens bietjie stresvol. Maar dit is die regering se probleem, en nie Clarens sin nie. Dit kan egter die toerisme daarheen affekteer indien dit nie reggestel word nie."
"Clarens die dorpie is pragtig met dei talle klein winkeltjies en restaurante. 'n Bietjie duur."
"Dit was ons eerste keer en Clarens was awesome en sien ons definitief weer en weer."
"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie met 'n heerlike atmosfeer, oulike winkeltjies, lekker eetplekke en 'n mooi gholfbaan. Dis net 'n klipgooi weg van Lesotho sou 'n mens oorweeg om Lesotho ook te besoek."
"Ons het nie regtig tyd gehad om die dorp te verken nie, so ek kan nie regtig kommentaar lewer nie. Wat ek wel kan sê is die paaie het drasties aandag nodig. Die "potholes" is verskriklik."
"Lieflike dorpie met winkels en restaurante alles lekker naby aan mekaar geleë. Fantastiese koffie by Highland Coffee Roastery, unieke boetiekbier en smul lekker middagete by Clarens Brewery. Ons het 'n watertand vullende aandete by The Highlander restaurant geniet. Ons het gevind dat die resensie oor The Highlander restaurant nie reg doen aand die lekker atmosfeer en heerlike kos nie. Daar was 'n kaggel binne en die diens was flink en professioneel (dankie Veronica). Eisbein en Oxtail was wenners in die koue winter weer! "
"This was our first time to Bloemfontein and what we saw in the short time we were in the Suburb of Dan Pienaar, we were very impressed. We will definitely be back."