Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Dit is 'n interessante plekkie met baie om te doen en sien en veral eet. Het dit baie geniet en veral die feit dat dit nie gekommersialiseer is deur bv. kettingwinkels nie. "
"Die pad is baie swak. dit is net vol slaggate. Skep 'n baie slegte beeld van Harrismith. "
"Op die oomblik is die paaie in die dorpie 'n absolute nagmerrie, ek het nog nooit sulke vreeslike diep en groot slaggate in die paaie gesien nie."
"Op die oomblik het die padwerke ons 'n bietjie van koers gevang. Ons is spitstyd deur die stad en dit was, soos verwag, baie besig. Ek glo wel dat mense (en uitlanders) dit moet beleef om 'n regte prentjie te kry oor wat by ons Universiteite ens. aangaan. Ken nie Bloemfontein baie goed nie, maar sal beslis langer tyd daar wil wees om vir myself te sien wat aangaan. Een dag is te kort."
"Sal graag weer daar will kuier, en meer tyd spandeer om in die dorp iets te eet en winkels met my eie tyd te besigtig."
"Baie goed geleë vir dag uitstappies na Fouriesburg, Ficksburg en Clocolan met die mooiste natuur landskappe op die pad. Het die plaasskou op Clocolan besoek en dit geniet om van melee se manier van dinge doen op die plaas te kon aanskou."
"Wonderlike Vrystaatse stad, met 'n klein dorpie gevoel. Heerlik naby aan Golden Gate, baie geskiedenis."
"Paaie in Parys is vol slaggate en besoekers moet so oplet daarna dat jy jou bestemming mis."
"Is naby sport-stadion, universiteit, hospitaal en verskeie winkelsentrums. Goeie ligging om by belangrike punte uit te kom. "
"Die dorp is maar baie klein. Mar min om te doen vir n toeris. Maar as u daar deur wil reis is daar pragtige plekke om jou te akkommodeer."
"Wonderlike plek om 'n paar dae te gaan rus. Die omgewing bied egter so baie dat rus bykans onmoontlik is maar die vars lug en vriendelike mense is altyd wonderlik. "
"Die algemene gevoel wat ons gekry het was dat die gasvryheid en vriendelikheid van die mense iets is wat enige iemand sal geniet. ons sien uit na ons volgende besoek."
"Ek sal dit nie as toeristebestemming aanbeveel nie maar wel vir sakebesoeke, of soos in my geval, om iemand in die nabygeleë hospitaal te besoek."
"Parys is natuurlik 'n baie spesiale dorp. Moet net nooit verwag om 'n aandete op 'n Maandagaand in Parys te kry nie."
"Duur vir die gemiddelde Suid-Afrikaner, ons wil graag lekker ons land besoek en geniet, maar word meeste van die tyd uitgebyt. Veral pensionarisse wat dit moeilik vind, en tog ook ons mooi land wil geniet."
"Dit is 'n baie geskiedenis ryke dorpie , maar soos baie ander dorpe in die land is verval sigbaar. Die mense wat ek ontmoet het is so positief en gasvry dat ek verseker weer sal besoek."
Ballyduff Small Holdings, Free State
Chara Farm Stay"Dit is 'n plot. Niks om oor tekere te gaan nie."
"Parys is 'n pragtige dorp. Dit is reeds 'n toeriste bestemming. Ons pensionarisse moet net die ander bekostigbare eetplekkies uitsoek. Dankie vir 'n Wimpy breakfast. "