Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Wat 'n netjiese dorpie. Dit was opvallend dat almal se grasperke so pragtig gesny was, en die tuine oor die algemeen goed versorg. Ons het bietjie rondgery en was verbaas oor hoe groot dit eintlik is, en die besondere mooi huise in veral die nuwe gedeelte. Het verskriklik lekker kon eet in die restaurante, en almal was vriendelik en hulpvaardig. Was baie bly om die kennisgewingbord raak te lees op die pad vanaf Bethlehem - dat ons welkom is om Afrikaans te praat in Clarens!"
"Asemrowend mooi natuur, stil en rustig, lekker kos en vriendelike mense. Altyd 'n wenner om 'n lekker rustige breek by te neem."
"Besoek gerus die Country Inn - die etes wat bedien word is hemels en waarde vir geld. Mooi natuurskoon en staproetes."
"Die dorp self is pragtig met die breë strate en ou huise. Dis net jammer die paaie is nie baie goed in stand gehou nie en 'n mens moet maar versigtig ry tussendeur die slaggate. Afgesien daarvan is Bethulie 'n pragtige dorp met vriendelike mense en pragtige natuurskoon. "
"'n Rustige area tot en met Woensdae. Oor naweke is dit baie besig, maar steeds aangenaam vir vermaak en kuier."
"Pragtige, skoon en netjiese dorpie met ongelooflike restaurante en die uitsig is "to die for"."
"Die geraas vanuit die township in die aand maak inbreuk op die rustigheid van die pragtige dorp."
"Parys het lekker restaurante en winkeltjies, maar van die restaurante is baie duur. Die winkeltjies is ook nogal duur vir ons jongwerkendes. Die groot trekpleister vir ons is die spa. Dit was fantasties en ek sal enige dag weer gaan. Oor die algemeen is Parys 'n baie lekker wegbreek uit die stad."
"Ek dink beslis dat iets gedoen kan word om daardie omgewing te ontwikkel of te bevorder. Lieflike mense en wêreld."
"Lekker by die dam en twee goeie eetplekke. Tans is daar baie slaggate in die dorp."
"Die dorp is redelik netjies met heelwat interessante sandsteengeboue en dit sentraal tot die Oos-Vrystaat se besienswaardighede."
"Gaan oor sy geskiedenis, en reisigers moet bereid wees om so 25 km se afdraai te maak. Absoluut die moeite werd."