Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Wonderlike dorpie wat ek vir enigeen wat bietjie uit die stad se gedruis wil wegbreek sal aanbeveel. Lekker vermaak vir groot en klein."
"Plekke is nie 24-uur per dag oop nie. Die museums is nie oop op Sondae nie."
"Ek het die Platberg trail run gedoen tydens my verblyf en dit was van die beste (en mees bekostigbare) trail run wat ek al ooit gedoen het. Die Gibson dam is werklik fantasties om te aanskou."
"Verskriklike lekker dorpie om te gaan ontspan veral met al die "craft beer" en self gestookde gin. Sal enige tyd weer gaan kuier vir die verskriklike vriendelike mense en die feit dat Clarens so naby die Golden Gate is maak dit soveel meer spesiaal."
"Baie interessante dinge om te sien en te doen in Fouriesburg, met vele verrassings. Het heerlike aandete geniet by Windmill Pub and Grill!"
"Platberg was uitputtend maar wonderlik en uitsig asemrowend. 'n Moet klim. En almal in Harrismith is vriendelik."
"Wat sê mens van die eens pragtige dorp wat so verval het? Lily's poetry, die Arcadia restaurant en Casa la Gracia maak 'n besondere verskil."
"Alhoewel dit skoolvakansie was, het meeste winkels en eetplekke teen 17:00 gesluit. As vreemdelinge in Parys moes ons maar vir Dr. Google nader om 'n restaurant te soek wat darem 19:00 nog oop is."
"Langenhovenpark is 'n baie rustige area in Bloemfontein. Langenhovenpark het alles wat mens benodig: restaurante, winkels en die bekende Boeremark op Sondae. Langenhoven is ook 'n baie veilige area."
"Die natuurskoon van die omgewing word onder bemark en baie kuieremense sien net die hoofstraat met sy groot verskeidenheid winkels raak, sonder om gebruik te maak van die avontuur/natuur geleenthede van die omgewing."
"Parys het in 'n restaurant-dorp verander. Baie van die oulike winkeltjies is nie meer daar nie. Baie "antieke" winkels wat nie regtig kwalifiseer vir daardie benoeming nie. "