Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Baie lekker dorpie met vriendelike mense, the Windmill Pub & Grill was ons gunstellinguithangplek waar ons honde welkom was vir ontbyt op die gras."
"Clarens is pragtig in alle seisoene, maar besonder mooi in herfs met die groot kontras tussen die die immergroen bome en die herfskleurige blare van die bladwisselende bome. Ons het 'n troue by St Fort bygewoon, wat 'n baie gerieflike afstand was van hierdie verblyf. Ons middagete by die Roter Hahn was ook (soos altyd) 'n hoogtepunt! Kom lank genoeg, 'n mens het 'n hele naweek nodig om alles in te drink van hierdie mooie dorpie, en om 'n besoek aan Golden Gate ook in te pas. "
"Waarom is daar geen yskasmagnete van Parys in die hele dorp nie? Verder pragtige dorp met vriendelike en gasvrye mense, sal graag weer wil gaan!"
"Harrismith is nie vir ons 'n toeristebestemming nie, maar slegs 'n plek vir brandstof en eet. Ons het hierdie keer ook van Black Steers gebruik gemaak. "
"Daar was geen asdromme op sypaadjies waarin mens botteltjies of papiersakkies kon gooi nie."
"Dit was 'n sakebesoek. Die dorp het egter baie karakter en die natuurskoon om die dorp is asemrowend. Van die paaie is egter 4X4-wêreld !"
"Baie lekker plekkie met baie lekker winkeltjies om deur te stap. Net baie duur! Die Jacket Shop was fantasties! Baie hulpvaardige Adeline - ons het haar Angel gedoop!!! Goeie gehalte klere baie bekostigbaar! "
"Lovely town with beautiful surroundings. Really love the vibe in town. The restaurants are getting quite expensive though and the quality of the food is not that great, so we never really feel that we are getting our money's worth when there. Still a nice day trip if you are staying in the area. The beer tasting at the Clarens Brewery is an absolute must!"
"Pryse in Bloemfontein is duur en kwaliteit nie wonderlik nie. Volgende keer ry ons eerder via Kimberley. "
"Fouriesburg is baie goed geleë. Ons het verskeie plekke kon besoek sonder om ure aaneen hoef te ry. Sal baie graag weer daar wil besoek aflê. "
"Geen kruidenierswinkel beskikbaar nie, so neem jou eie saam."
"We really enjoyed most of Parys. A few logistic problems. The potholes are a really huge problem. We also found that whilst most of the small businesses in the area are doing their best to improve their building/shop etc. it would appear the Municipal parts are very run down. This is quite a shame, as parts of "Main" road in between really nice shops etc. are really run down, with rubbish strewn all over, overgrown weeds and grass. "
"Ons net weer laat besef dat herfs ook sy bekoring het. Ons het ons tydjie in Clarens terdeë geniet!"
"The town itself offers little. Pleasant dorp to walk-about with 3 or 4 very pleasant restaurants and eateries, very close to excellent hikes and day walks and a lovely scenic 20 min trip to Clarens and Golden Gate National Park, as well as the cherries in Fickburg and the border is 9 km away. "
"Parys is en omgewing is baie rustig en mooi. Definitief die moeite werd om te besoek."