Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Vriendelike mense, oulike restaurante, pragtige kuns! Gunsteling naweek-bestemming!"
"Fouriesburg is so not my cup of tea. Die natuur is pragtig en ons kon nie genoeg van die vars lug kry nie maar Fouriesburg is regtig baie klein en ons het gesukkel om 'n winkel te kry om benodighede wat ons vergeet het te koop."
"As jy genoeg tyd het; is daar altyd nog 'n antiekewinkel om in te loer; ek het alles en nog wat gekry wat op my "shopping-lys" was. As jy een van die restaurante wil besoek op 'n naweek; maak seker jy het bespreek; dit kan 'n probleem veroorsaak."
"Die Bergview Engen-stop net buite Harrismith bied verskeie restaurante vir elkeen se onderskeie smaak. Die dorp self is eenvoudig uitgelê, veral as mens iets moet koop - in ons geval, 'n kortbroek vir my man. "
"Ongelukkig was ons tydjie in Harrismith te kort om te oordeel of dit 'n goeie toeristebestemming is. Wat ek wel kan sê is dat die mense van Harrismith baie vriendelik is."
"Klein plekkie met groot skop. Oor 'n naweek is dit 'n besige plek met baie dinge om te sien."
"Asemrowende plekkie! Dit voel soos 'n ander wêreld as mens daar is. So asof mens nie eers meer in Suid-Afrika is nie. Amazing!"
"Die eetplekke en kuierplekke is great. Diens absoluut fantasties. Sal beslis weer gaan kuier. "
"Pragtige vakansiedorp, vriendelike mense asook skoon strate. Geen bedelaars by robotte of stopstrate nie. Rustige omgewing en skoon vars lug. Restaurante te kies en keur. Lieflike dorp."
"I think Fouriesburg is a great launching pad for Lesotho and Clarens. I would recommend Fouriesburg to anyone looking to stay in that part of the country. It is very quiet and rural, with no hustle and bustle, which would suit travelers who don't want the busy environment of Clarens."
"Clarens is enig in sy soort, in die mooiste omgewing en altyd baie lekker om 'n blaaskans daar te geniet. Die winkels van Clarens is baie interessant, maar bietjie duur."
"Baie slaapplek, die gebied bleik veilig te wees. Alhoewel dit naby aan die snelweg geleë is, is dit steeds 'n rustige omgewing sonder enige merkbare versteurings. Ek het tot dusver nog met elke besigheidsreis in hierdie area oorgebly, en was tot dusver nog nie teleurgesteld oor my besluit nie."
"Nie so sprokiesagtig sonder sneeu nie: droog en stil in Junie, maar 0 grade C in oggende!"
"Clarens is wonderlik en daar is veskeidenheid dinge om te sien en doen sowel as heerlike eetplekke. Dit is 'n pragtige wêreld en moet besoek word. Daar is ook baie oulike koffieplekke in die hele omgewing. Probeer gerus Die Bus Stop net buite Clarens op pad na die Golden Gate Natuurreservaat."
"Goeie waarde vir geld by SAFARI restyurant gehad. Lekker koffie gedrink by Kofi-Kopi."