Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Asemrowende, mooi pragtige deel van ons beeldskone land, wonderlik om die Skepping daar te ervaar."
"Die diens by al die eetplekke in Fouriesburg was uitstekend. Kan nie dieselfde sê van Clarens!"
"Fouriesburg is klein, maar ons het die padstalle baie geniet. Dit is naby genoeg om vir die dag Clarens toe te ry en ons het Clarens baie geniet. Brandstof mag dalk 'n probleem wees op Fouriesburg en Clarens (as jou motor 95 benodig) dan sal jy eers weer op Bethlehem of Ficksburg kan kry."
"Ontbyt geëet by Hoi-Poloi, uitstekend en deur talle kuns en oudhede winkels gestap en verwonder wat daar voorkom. "
"Die skoonste dorp wat ek in jare gesien het. Dis fantasties dat daar nie kommersiële winkels en kitskosrestaurante is nie. Dis beslis 'n moet vir enige reisiger! "
"Eertydse, pragtige dorp met ooglopende agteruitgang en gebrek aan eetplekke (as jy nie by die groot "franchises" wil aandoen nie)."
"Clarens is puik. Dit was 'n baie goeie ervaring. Golden Gate was vir my baie wonderlik."
"Dorpie was 'n verrassing. Netjies en skoon. So baie plattelandse dorpies lyk deesdae onversorg en gee die idee van agteruitgang. Fouriesburg was die teendeel."
"Fouriesburg is 'n pragtige plattelandse dorpie - rustig, gasvry, en omring deur natuurskoon."
"Love the natural beauty of the area. Clarens is a must for folk who like to shop in quaint little shops. "
"Ideale plek om te kom uitspan. Lekkerste eetplekke en baie koopplekke. Die omgewing en natuurskoon is onbeskryflik."
"Pragtige dorpie, rustig en alles wat jou laat vergeet van al die stres by jou werk."
"Voordeel is dat dit so naby aan die universiteit is, so vir ons ouers van ver met kinders op UFS is dit baie voordelig."