Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"Die twee restaurante waar ons geëet het, was goed, maar die dorp is redelik vervalle."
"Clarens is 'n baie lekker dorpie. Ons dreig al lankal om daar om te gaan en het dit goed gedink om sommer op pad terug van die see af daar om te gaan. Dit is wel nie 'n plek wat toegerus is vir baie jong kinders nie. Alhoewel ons definitief weer daar 'n draai sal maak, sal ons sonder die kinders gaan. Dis 'n lieflike dorpie en ons het nie naastenby genoeg tyd daar spandeer nie."
"Kan dalk bietjie meer aandag gee aan winkels wat daaglikse produkte verkoop. Bietjie gesukkel met basiese huishoudelike aankope - veral groete en vrugte en suiwelprodukte."
"Baie aangenaam en kan Clarens aanbeveel vir almal wat 'n lekker ontspanne uitstappe wil geniet. Werklik die moeite werd."
"Het net oornag daar en nie tyd gehad vir toeriste besoeke nie. Ken glad nie die dorp nie."
"Oor die algemeen is die paaie in en om Kroonstad haglik, meeste paaie kort opgradering, ander is totaal en al onbegaanbaar."
"Pragtige dorp, die strate kort bietjie aandag, maar ek sien party plekke word aan gewerk so dalk lyk dit beter volgende keer!"
"The town of Clarens as a whole gives you a feeling like no other. Everybody is friendly and if you had the money staying here could bankrupt you in a heartbeat with all the wonderful goodies on sale. With all the restaurants you are spoilt for choice but Vito’s which has the hospitality, great food, definitely has the BEST desert – Chocolate Volcano! If you have a gap stop in at Bibliophile for something special to read and House of Woven Art will burn a hole in your wallet! I love Clarens and will be back!"
"Tipiese toeristedorpie! Klein winkeltjies wat een dag uit jou vakansie neem om deur te draf. Hier kom rus jy. Weg van die geraas en gejaag van die stad. Neem die natuur in (Golden Gate, Maluti Roete, Sampioen rots, Koningin Victoria rots en Cinderella Kasteel is alles net om die draai) en neem deel aan avontuuraktiwiteite wat nie oor 'n naweek in die stad gedoen kan word nie. STAPROETES STAPROETES STAPROETES, goed in standgehou en versorg. Batwing Waterval, Kloof en Titanic is aan te beveel! Baie restaurante, koffiewinkels en deli's om van te kies. As jy na 'n selfsorgeenheid kom, onthou om meeste (indien nie alles) van jou kos en kruideniersware saam te bring. "