Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 10906 reviews.
"`n Heerlike dorpie waar jy self kan besluit of jy die heeldag gaan besig wees of net ontspan en rustig wees. 'n Dorpie wat definitief gedurende jou leeftyd besoek moet word. Dit was nou my 5de keer en weereens was ek verras met alles."
"Stad is in 'n skokkende toestand. Verkeersligte gaan dood en slaan dan oor na rooi of groen, geen oranjelig meer nie. Swak padaanwysers, strepe en stoptekens bestaan nie. Nagmerrie om in die nag te bestuur want 'n mens kan nie die stopstrate sien nie!"
"Windmill Pub en Grill het die beste pizza in die Oos-Vrystaat, baie goeie waarde vir geld en die diens was tops. Baie lekker mense wat daar werk en goeie geselskap met locals. "
"Every cyclist should try the Amohelo at least once! Clarens is a beautiful haven of interest and outdoorsy fun!"
"Some road signs were broken and illegible. In our case there were two Jan Marx streets which added to our confusion!"
"Volgende keer minder tyd by die gholfklub deurbring ná die bergfietswedren en meer kuier in die dorp."
"Ons is baie lief vir Clarens en daar is meer as genoeg te doen. Die pad van Johannesburg af is ongelukkig baie sleg."
"Baie oulike dorpie. Die slaghuis daar is soos 'n Spar - jy kry als wat jy benodig met vriendelike diens."
"Clarens is the perfect getaway for a weekend. Quaint with loads of restaurants, pubs and interesting shops."
"Lieflike wegbreek plek vir stadbewoners. Veral as jy hou van fietsry en/of stap in die natuur. Daar is ook meer as genoeg verskeidenheid aan uiteetplekke vanaf eg Duitse disse by Rotterhahn tot pure boerekos by die Koöperasie restaurant. As jy 'n mikro-brouery entoesias is, Clarens het een in die dorp wat hulle eie gin, bier, sap en sider maak. Daar is ook 2 ander mikrobrouerye se bier beskikbaar deur die dorp."
"Wye verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede beskikbaar. Beslis 'n besoek werd."
"Ek het my hart verloor op die Vrystaat vlaktes. Die natuurskoon en berge is asemrowend mooi. Die dorpie self kan doen met 'n effense opknapping en instandhouding hier en daar. Verder bied die toerisme bestemming iets wat aan almal se behoeftes voldoen. Die verskeidenheid van aktiwiteite sal elke toeris se boksies tiek, want daar is van adrenalien belaaide aktiwiteite tot eko-vriendelike staproetes om van te kies. Jou verwagtinge word beslis oortref, veral omdat Clarens vir elke huishoudelike begroting "cater". Die klein dorpie sien my beslis weer. Tot 'n volgende keer."