Verified Reviews
Gansbaai
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gansbaai
Rated 4.5 out of 5 based on 1244 reviews.
"Ek was baie aangenaam verras deur Gansbaai. Ek was bekommerd dat dit nie juis 'n strand het nie, maar Franskraal is 'n vinnige rit en daar is ook 'n heerlike strand by Walkerbay Natuurreservaat. Verder is daar 'n lieflike trail al langs die see af om te hardloop of stap en ook baie paaie om fiets te ry."
"Baie rustige kusdorpie. Enige vakansieganger se wegglip uit die stad asook gewoel van die werksomgewing."
"Vissermans wêreld. Winderig, maar klim in die kar en gaan ry rond. Daar is baie mooi plekke rondom ook."
"Hierdie dorpie is ‘n kosbare skat wat ek glo nog gaan ontplof soos wat mense dit ontdek. ‘n Puik destinasie om af te skake en te rus - jy en die oseaan, maar tog kosbare, vriendelike mense, wat jou orals tuis laat voel."
"Gansbaai is lekker stil. Hier is wel nie 'n warm see om in te swem nie maar die koue water het ons goed gedoen. Baie besienswaardighede."
"Gansbaai is baie lekker, dis 'n klein dorpie en baie rustig. Heerlik om te ontspan."
"We arrived late and could not secure a meal in Gansbaai, but this could be attributed to Covid restrictions."
"Nooit Gansbaai oorweeg vir vakansie nie, maar na ons tydjie daar, gaan Gansbaai definitief meer van ons sien."
"Gansbaai en Franskraal is baie lekker bestemmings, maar die dorpe sal iets moet doen aan gaste se veiligheid en sekuriteit."
"Op Vrydae en Saterdae sal jy markte raakloop - self so naby as by Baardskeerdersbos."
"Gansbaai het nie veel om te bied vir naweek gangers in die sin van iets om te doen in die tyd wat ons daar was nie. Eetplekke kan regtig opgegradeer word. Gansbaaiers moet asb. nie dink dat as hul "outsiders" sien dat ons ewe skielik 'n arm en been moet betaal vir 'n normale ete nie. Ons "outsiders" kuier by baie meer plekke as net in Gansbaai en is baie meer gewoond as wat hulle van ons dink. Een van die eetplekke het regtig erg geruik (na sweet) en ons het maar elders 'n eetplek gaan soek wat maklik die rekening opskuif na R390 vir 2 burgers en n 2 drankies. Spur sal my nie eens soveel vra vir 'n "Mansize" rib nie. Gansbaaiers moet asb. seker maak dat as hul iets op die spyskaart aanbied dat dit wel beskikbaar is. Ons het Sondagoggend by Ou Meul op Stanford gaan eet met die terugkeer en ek sal dit eerder aanbeveel as 'n goeie eetplek. Gansbaai is vir my meer 'n vakansiedorp met gevestigde huise van "outsiders" wat daar vakansiehuise het of ouerige mense wat afgetree is. 'n Dorp moet vir jou iets bied om te doen as jy die dag die dorp wil explore, bietjie rondloop en die mooi goed sien. Gansbaai bied dit nie vir my nie. Ongeag bogenoemde sal ek enige tyd weer terugkeer na Gansbaai vir 'n naweek of 'n week, maar ek sal my voorberei vir dit wat ek wil doen om my besig te hou en te vermaak."