Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Fantastiese vakansiebestemming, maar dit begin nou bietjie té populêr raak ten opsigte van die verkeer in die dorp."
"Mosselbaai is 'n 10/10 vakansiebestemming, Baie plekkies om te besoek en die Mall kan ook 10/10 kry. Ek vertel altyd ons vriende hier in Musina Limpopo om gerus daar te gaan kuier. Die strate, winkelsentrums is skoon, netjies, vriendelike mense. Mosselbaai is net 'n stunning plekkie."
"Love Mosselbaai net soos hy is, sal beslis weer en weer soontoe gaan. Soek reeds ons volgende vakansieblyplek."
"Dit is lekker om hier te kom asemskep. Alles is net die beste. Lekker seevakansie, stap, braaiveis en elke oomblik geniet."
"Sedgefield is vir my asemrowend mooi. Die natuur nog ongeskonde, baie skoon strande wat ook nie oorvol is nie."
"Naby genoeg aan die Kangogrotte, Cango Wildlfe Reserve, die asemrowende Swartbergpas en natuurlik die wêreldbekende volstruise."
"Ek't net nie van daai snaakse elemente by die winkels gehou nie, maar verder was alles cool. Ek kom weer en sal die plek definitief aanraai vir vriende wat op 'n roadtrip wil gaan en wil oornag. "
"Oudtshoorn bied soveel meer as net volstruise en grotte. Daar is die Langenhovenhuis, kunsuitstallings, gesellige restaurante (Nostalgie, om maar een te noem!), asook die omliggende omgewing met die Swartbergpas, Meiringspoort en die mooie R62 na Calitzdorp (55 km), bekend vir die portwyn en ander pryswennerwyne wat daar geproduseer word, om maar net 'n paar te noem. Beslis 'n besoek werd."
"Baie vriendelike mense en die plek is skoon, ek kon nie ophou dink aan die skoon strate nie. Uitstekend, ek was nog nooit daar nie en my dogter se atletiek het ons daarheen geneem. Baie mooi skoon dorpie."
"Lovely town to visit. The Cango Caves were fantastic - a highlight of our South African holiday. The mountainous scenery around Oudtshoorn is dramatically beautiful and we enjoyed seeing springbuck and zebra as we drove. Buffels Drift provided an excellent meal with a view overlooking the dam where we saw hippos. There are many gift shops and beautiful old buildings to view. Definitely glad we visited Oudtshoorn."
"Ons is baie lief vir Mosselbaai en het hierdie keer heerlike wegneemetes by Cachalot (calamari en vis) en ook by Matt & Collins Pizzeria gekry (pizza's is reg uit die hemel)."
"Ons het n ongelooflike tyd gehad in Knysna. Dit is beeldskoon en daar is baie om te sien."