Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"As jy in Oudtshoorn is, maak seker dat jy by Smith Winkel Farm Village Oudtshoorn gaan eet, biltong en groen by pizza is 'n moet."
"KKNK is tops! Het by Karoo Pot restaurant geëet meeste van die tyd, kos is uit die boonste rakke en pryse is bekostigbaar. Personeel vriendelik."
"Stilbaai is 'n stil en rustige dorp. Daar is 'n paar oulike eetplekke, maar Lampiesbaai staan uit met goeie en vriendelike diens met heerlike kos."
"Ek is bly die KKNK is weer 'n goeie finansiële inspuiting vir die dorpie sodat die infrastruktuur onderhou kan word."
"George is die tipiese "hemel op aarde" plekkie! Mal oor die dorp! Nog nooit so 'n netjiese dorp gesien nie. Alles het gewerk!"
"Baie mooi omgewing met baie om te doen en besienswaardighede. Goeie restaurante in die omgewing."
Great Brak River, Garden Route
Kingfisher Cottage"Pragtige rivier en baie aktiwiteite vir die kinders."
"Wonderlike plekkies om te besigtig en baie om te doen. Vriendelike stad met al die klein plekkies om Mosselbaai. Heerlike winkels en eetplekke. "
"Die mooiste dorpie. Sal gald nie omgee om permanent daar te woon nie, maar ongelukkig is die wonings onbekostigbaar om te huur of te koop."
"Daar is baie om te sien en doen en vir seker 'n dorp om by te stop as jy van ons land se geskiedenis hou."
"Heerlike, mooi plek. Strande is mooi skoon, en die water is ook mooi skoon. Baie dinge om te sien."
"Dwelmmisbruik is 'n groot probleem, maar tydens ons besoek was die polisie baie paraat en sigbaar."
"'n Pragtige, gasvrye Karoodorp wat sy bes doen onder moeilike, politieke druk. Verskeie besienswaardighede in omgewing."
"Orals waar ons was - van die kleinste kafee, kerkkermis tot Kangogrotte was die kliëntediens uitmuntend! Vriendelik, hulpvaardig en almal goed ingelig. Julle kan baie trots wees op julle gemeenskappe!"
"Oudtshoorn se mense is lekker mense. Daar was so baie om te sien, doen en leer van die Kangogrotte, volstruisplaas en die Cango Wildlife Ranch. Ons het eintlik gegaan net vir die KKNK, maar Oudtshoorn self het ons ingesluk. Baie dankie vir 'n heerlike kuier."