Verified Reviews
Gardens
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gardens
Rated 4.5 out of 5 based on 56 reviews.
"Lot of nice shops and restaurants, short distance to city centre, Table Mountain and Waterfront."
"Lieflike ligging, naby die Labia, die Kompanjietuine, die Mount Nelson. Ook baie maklik om van daar af die MyCiti-bus te haal kabelkarretjie toe, of Kampsbaai toe, en vandaar Seepunt of Houtbaai toe. Vanaf die Burgersentrum kan mens weer allerlei ander busse haal, byvoorbeeld na die Waterfront toe."
"Net bietjie ver van strande en V&A af, maar oor die algemeen 'n wonderlike area; baie skoon en netjies."
"Wonderlik ligging. Al die heerlike Kaap-plekke is naby en die uitsig is pragtig. Minder as 5 km en jy is in Kampsbaai, nog ‘n bonus."
"Safe area in the city, hidden from the daily Cape Town hustle and bustle."
"Baie mooi area en daar's hope om te sien en doen. Baie goeie restaurante. "
"Beautiful spectacular views of the mountains. Very convenient to the city centre and surrounding tourist sites."
"Ons was te kort daar om dit regtig te benut, maar ek skat dit het nogals heelwat juweeltjies wat ontdek kan word, indien jy genoeg tyd daar kan spandeer!"
"Pragtige natuurskoon, goeie ligging, naby baie besienswaardighede en verskeidenheid eetplekke. Veilige omgewing. Verkeer nogal erg vir nou strate!"
"Tuine is strategies, maar dis nie vir toeriste wat op die strand in 'n yoga posisie wil ontspan nie - kies Blouberg. Dis vir stadsbesoekers, parlementêre besoekers of besigheidsmense. Jy moet 'streetwise' wees. Ek beveel dit nie aan vir mense wat van loopringe gebruik maak, nie hul eie tas kan dra nie of glo die wêreld is 'n goeie plek nie - daar's boemelaars die hele Kompanjiestuine vol en kriminele wat op die uitkyk is vir maklike teikens. As jy besigheid het om te doen, vinnig kan loop en wakker is, sal jy lekker bly."
"Goeie ligging, met winkels en restaurante beskikbaar. Net vir inligting: Die onderdak parkering is nou R50 per dag."
"Tuine is baie sentraal geleë vir n besoek aan Kaapstad en die omgewing, en dit is slegs 20 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe."