Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"As die res van Johannesburg selfs net tien persent so gaaf, opreg en behulpsaam was soos mnr. De Villiers en sy twee pragtige Beagle-honde, sal dit by verre 'n beter plek word - en uiteindelik wees - om in tuis te gaan as mens noodgedwonge weg van jou eie huis af moet probeer nesskop."
"Hekpoort is pragtig en daar is vele besienswaardighede soos die Wieg van die Mensdom, African Hills en Blackhorse in die omgewing."
"Die Kevin Richardson Wildlife Sanctuary is 'n moet sien. Leer van leeus en die hartseer realiteit van "cub petting and can hunting". Kevin doen wonderlike werk en dis die moeite werd om sy organisasie te ondersteun."
"'n Plek waar baie goed verval het (dieretuin sekerlik die grootste hartseer) en paaie wat so sleg geword het. Baie buurte voel nou veiliger weens omheinings ens."
"Ek is glad nie 'n stadsmens nie, so Johannesburg hou geen bekoring vir my in nie."
"Baie om te bied, swak telefoonkontak maak organisering 'n bietjie moeilik, maar moeite word beloon."
"Great spot. The dirt road is rough in patches due to the heavy rains but it is an amazing spot so close to Pretoria."
"Pretoria has nice places that we don't know of. As someone who loves traveling, I think I will be looking into places around Kameeldrift again. Thank you."
"Soveel "speedbumps" maak dit nie maklik as jy karavaan sleep nie."
"Paaie in swak toestand. Sodra dit opgegradeer word, is Kempton Park 'n mooi area."
"Nie ons gunstelingplek nie. Té besig, té moeilik om te navigeer, té veel loadshedding - alles is net "té"."
"Gelukkig is ek bekend met die belangrike sentrums en tuinbouplekke, daarom was dit vir my maklik om oor die weg te kom. Ek het almal behulpsaam gevind. 'n Afleweringsman op 'n motorfiets het my die eerste aand begelei (uit sy pad gegaan) terug na waar ek wou wees! Elke persoon wat my bedien het, was hulpvaardig en vriendelik. Daar was deurentyd lopende water en hier en daar beurtkrag!"
"Ek het 25 jaar in Pretoria gewoon. Die stad is net nie vir my nie. Glo dit is 'n goeie toeristebestemming, maar nie vir my nie."
"Johannesburg is Johannesburg and it probably wouldn't be regarded as a holiday destination. However, there are some nice places to visit."