Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Goed geleë vir sportliefhebbers wat rugby en krieket in Pretoria, Centurion en Johannesburg wil bywoon."
"Ek is mal oor die boomryke, geskiedkundige Kensington. Dit grens aan minstens drie vuil en vervalle voorstede, maar dis boomryk en het van die mooiste ou huise in Johannesburg. Dis sentraal geleë en van hier af kan 'n mens die hele Rand verken."
"Wapadrand het 'n ideale ligging. Die area is rustig en veilig en baie sentraal geleë. Daar is winkelsentrums en restaurante en vermaak baie naby as 'n mens moeg raak van die rustigheid wat Wapadrand bied. "
"Fantasies om die groot 5 so naby die stad te kan beleef. Ons het die olifante so geniet en dit was 'n absolute belewenis om dit so naby te kon belewe en Dinokeng is absoluut 'n moet vir elke besoeker aangesien daar so baie wild is om te sien."
"Easy quick drive, no difficult or complicated driving areas! Will explore area more."
"Ons was verstom oor hoe gelukkig ons was oor die ligging van Fearie Glen. So naby als!"
"Ons het 3 van die groot 5 gesien tydens ons 3 dae se ry in die Park. Ons was selfs gelukkig genoeg om die leeus by 'n vangs te sien vreet. Dinokeng sal ons Johannesburgers definitief weer sien. "
"Die paaie in die omgewing was van so 'n swak gehalte dat ek nie my lisensiegeld elke jaar sal betaal nie en nog minder E-Tolls."
"Dit is baie goed geleë, naby alles in Pretoria omgewing.Van hier kan jy maklik enige plek in Pretoria of Johannesburg uitkom. Ek sou nie sê dat Wierdapark 'n bestemming op sigself is nie."
"Rustige bestemming met baie goeie aktiwiteite. Ongelukkig baie rondlopende werkloses."
"Baie naby aan alle groot winkelsentrums. Stil area om in oor te bly, maklike toegang tot hoof roetes"
"Die rigtingaanwysers is baie goed. Buiten koedoes en rooibokke het ons min ander diere gesien. Die geblaf van honde by omliggende opstalle was steurend in die nag. Dit doen afbreuk aan die wildervaring. Dinokeng is 'n park-in-wording en sal baat by deeglike oorhoofse beplanning van die pad vorentoe. Die draadomheinings van die weermagbasis en talle ander privaat wildkampe doen vreemd aan en voel uit pas met die die res van die reservaat. "