Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Dorp ly onder swak bestuur alhoewel sommige van die besighede buite Magalies goeie waarde bied, maak gerus 'n draai by "The Trading Post" waarde vir geld, goeie diens."
"Het dekades lank op die Wesrand gebly en as jy bereid is om te gaan soek, baie om te doen - veral "The Cradle of Humankind", Ruimsig Botaniese tuine, Leeu park ens ens. Daar is ook baie lekker winkelsentrums op die Wesrand met alles wat jy aan kan dink."
"Nuwe opgradering is goed. In- en uitgang bly maar 'n pyn, vooraf kaartjies help. Die toegangsbrug is 'n bottelnek na en van die binnekant van baan. Hulle kan kyk na 'n "duikweg" addisioneel. Dit bly 'n lekker venue vir enige "petrolhead". Vanaf 1973 was ek gereeld daar en die "memories" is baie en goed. Ek's dankbaar 'n man soos Toby Venter het beheer gevat en ons kan sien die kwaliteit is al reeds baie beter en is Kyalami weer die #1 renbaan in SA."
"Het nie baie tyd gehad om werklik die siel van die dorp te ervaar nie. Ons het die nabygeleë Suikerbosrand natuurreservaat besoek en was teleurgesteld met die opvallende agteruitgang daarvan. As Sewende-dag Adventis was die besoek aan Sedaven 'n opbouende geestelike ervaring."
"I found Melville very interesting. Lots of nice restaurants to visit and a very lively area."
"Ek geniet Lynnwood. Dis skoon en die verkeer word goed beheer. Alles voel naby, winkelsentrums, restaurante en oor die algemeen blyk die mense vriendelik te wees."
"Fantastiese area met soveel oulike plekkies in die omgewing om te besoek en nie eers ver van beide Pta of Jhb af nie."