Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Wie sou kon raai dat daar 'n klein monument oor die Anglo-Boereoorlog op 'n hoek in Graaff-Reinet is?! Willem van Oranje se laaste woorde is uitgegrafeer op die marmer en laat mens nogal dink. Doen jouself 'n guns en gaan loer bietjie. So ook 'n monument vir soldate wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het. Interessante geskiedenis."
"Wonderlike tyd daar gehad. Vorige dag voor ons daar geslaap het, die Vallei van Verlatenheid besoek - wat 'n natuurwonder! Volgende dag om die pragtige kerk geloop. Die San uitstalling in die inligtingkantoor besigtig. Wonderlike diens by die Drostdyhof Hotel gekry met paasbolletjes om aan te peusel terwyl hulle vir ons botterbroodjes bak! Reinette-huis museum besoek - baie interessant. Graaff-Reinet was nie verniet al Kwêla se dorp van die jaar nie!"
"'n Heerlike en pragtige dorpie om in te kuier. Ons sal vir seker volgende keer langer bly."
"Dit is 'n baie mooi dorp. Was aangenaam verras met al die geskiedkundige geboue. Die kerk was die mooiste gebou."
"Die dorp het vir seker grooter geword met tyd. Genoeg eetplekkies en koffiewinkels."
"Ek was regtig verbaas. Ou huise, maar so mooi onderhou en lyk nie verlate nie. Mooi winkeltjies om deur te stap, lekker eetplekkies. Camdeboo Nasionalepark is baie mooi om te sien, die moeite werd vir natuurliefhebbers."
"Die museums is iets om ook te besoek terwyl mens daar oornag. Dit is baie interessant. Pioneers restaurant is ook baie lekker met ongelooflike kos en baie goeie diens. Dit kan ons regtig aanbeveel."
"Graaff-Reinet is so vol kultuur. mens sien uit daarna om die dorp te besoek. Vir myself is die vetplantkwekery die wonderlikste ding op aarde."
"Graaff-Reinet is een van die skoonste dorpies wat ek al gesien het. Die dorpsmense is ongelooflik vriendelik en dit is tot lekker om te gaan petrol ingooi."
"The people are pleasant and the area is very safe. Tourist attraction in driving distance."
"Graaff-Reinet het baie vriendelike inwoners, ryk geskiedenis en is 'n baie oulike dorp. Sal beslis weer daar oorbly."