Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Die dorp is vol besienswaardighede wat ons baie geniet het. Was teleurgesteld in die min/geen inligting wat ons kon kry oor die vordering, al dan nie met die “Giant Flag Project”."
"The most peaceful and breathtakingly beautiful place I've ever experienced."
"Dis 'n skoon en netjiese dorp met baie besienswaardighede soos die Valley of Desolation is 'n moet sien."
"Pragtige dorp, met pragtige geboue en winkels, vallei van Verlatenheid ongelooflike natuurskoon."
"Despite it being a fairly big town, it still had the old nostalgic and historical feel and offered many tourist activities, good food (including nice coffee shops)."
"Vallei van verlatenheid is definitief 'n besoek werd. Vat jou kamera en stapskoene saam!"
"Pragtige dorpie, netjies en skoon. By die vulstasie en kafee praat almal vriendelik Afrikaans, en voel jy sommer tuis. Tog is daar ook maar geweld."
"Pragtige plek. Dit is net die baas van die Kaktuskwekery (tuin) wat nie 'n goeie ambassadeur vir sy dorp is nie. Hy het ons gevra om te loop want hy wil toemaak. Baie ongeskik! Ons het 13:30 daar gekom, volgens kennisgewing op die hek sluit dit eers 16:30. Ons was almal verstom oor hy so ongeskik is."
"Graaff-Reinet is inderdaad die juweel van die Klein Karoo - 'n plek waar 'n mens nie net moet oornag nie, maar waar jy jouself genoeg tyd moet gun om al die interessanthede te besoek en sommer net die dorpie met sy pragtige huisies te geniet."
"Dorp is netjies, Vallei van Verlatenheid was 'n belewenis. Resturante was van goeie gehalte."
"Dorp is skoon, maar baie verwaarloos. Nie die pragtige klein dorp wat ek kan onthou van 28 jaar terug nie."
"Fantastiese dorp. Hulle het onlangs begin om ernstig aandag te gee aan toerisme en ek glo dit sal in die toekoms nog baie groei."
"Mens moet beslis na die Vallei van Verlatenheid gaan. Jammer dat Reinettehuis nie op 'n Saterdagmiddag oop is nie."
"Jy kan nie bekostig om net deur Graaff-Reinet te ry nie. Jy moet ten minste 3 dae daar spandeer om regtig die mooi ou geboue te sien en veral die pragtige Groot Kerk wat in die middel van die dorp staan. Ek sal baie maklik hier kan aftree!"