Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Was vir die naweek daar. Te veel om te sien en waar te neem. Sal weer daar 'nl besoek wil aflê en langer vertoef om alles waar te neem en te geniet."
"Ons het slegs twee dae vertoef en gevolglik nie by al die bestemmings uitgekom nie. Daar is heelwat museums en ander besienswaardighede."
"Indien moontlik, bly een dag langer as wat jy aanvanklik beplan het - daar is baie om te sien en doen."
"Die Vallei van Verlatenheid is 'n uitstappie werd. Dis ingangshek is net so 10 km buite die dorp, en toegang tot die Nasionale Park kos slegs R35 per volwassene."
"Spandeer ten minstens drie dae in Graaff-Reinet om al die museums en ander besienswaardighede te besoek. "
"Was aangenaam verras. Graaff-Reinet is vol interesante winkels en restaurante, so baie graag meer tyd daar wou spandeer!"
"Die Vallei van Verlatenheid bly een van my gunstelingplekke om te besoek - die natuurskoon is ongelooflik! "
"Mens behoort 'n paar dae oor te bly om die dorp en omgewing te kan verken - dit is beslis die moeite werd om op pad hier 'n tydjie oor te staan."
"Besoekers aan Graaff-Reinet moet beslis Camdeboo Nasionale Park besoek, en meer spesifiek die Valley of Desolation. Verdermeer, as tyd dit toelaat, 'n uitstappie na Nieu-Bethesda sal ek hoog aanbeveel. "
"'n Lifelike dorpie waar mens gerus vir 'n ekstra dag kan oorbly. Camdeboo Nasionale Park is definitief 'n besoek werd, asook die Groot Kerk. "
"Graaff-Reinet is so clean and the people are super friendly. Loved the town, will see you guys again soon."