Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 3446 reviews.
Prince Albert Road, Great Karoo
Wolvekraal Guest Farm"Ek is mal oor Prins Albert en sal weer en weer daarheen gaan."
"Die dorp skep 'n baie goeie indruk as jy deurry, maar nadat ons al die winkeltjies besoek het, het ons besef dat dit in 'n groot mate "window dressing" is om goeie beeld van dorp te skep. Chris Vis se eetplek by skougronde was 'n groot verrassing. Ek het ook die kuier by Bush Pub geniet. Die Lazy Lizard is ook aan te beveel."
"Dit was nie ons eerste besoek aan Prins Albert nie, maar ons bly verstom. Misdaad vier nie hoogty hier nie en die dorpie is prentjiemooi."
"A town worthy of at least 4 nights stay. Do not miss out on driving the Swartberg pass. Even 4x4's can drive it! Rented front wheel drive cars."
"Besoek gerus die Karoo Nasionale Park, dit was pragtig en ons het baie wild gesien."
"Daar is baie om te sien en dis gerieflik halfpad geleë tussen Bloemfontein en die Kaap om die rit te onderbreek."
"Pragtige dorp in die Karoo met genoeg lekker eetplekke en goeie kuns en snuffelwinkels en eindelose vistas. Die dorpsmense is vriendelik en gasvry en mens voel die pols van die Karoo hier."
"Wat 'n klein paradys. Geen straatligte, buiten 2 privaat huise se sekuriteitsligte. Dorpie netjies en skoon. Alle inwoners van Merweville so vriendelik. Kan my nogal daar sien aftree. Sal Merweville beslis weer besoek."
"Rustig en vreedsaam, met baie vriendelike inwoners. En al is die dorp klein het dit nog steeds al die geriewe wat jy benodig. Ons was besonder beïndruk met die netheid van die hele dorp en die goeie toestand van die huise en die erwe!"
"Moenie dié juweel verbyry nie! Al is dit net vir 'n heerlike ete en hul tuisgebakte brood."
"Karoo game park worth a visit, too muck heavy traffic so noise in the centre of town a problem (at night especially) hence our choice of lodging which was fantastic!"
"Prins Albert is 'n rustige Karoo dorpie met net daardie iets anders. Rus vir die siel."
"Baie netjiese dorpie met 'n indrukwekkende kerkgebou. Opvallend hoe vriendelik die inwoners is."