Verified Reviews
Hardap
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hardap
Rated 3.9 out of 5 based on 72 reviews.
"Dorpie met soveel potensiaal. Diens by vulstasie, bande-herstelafdeling en kiosk was baie professioneel en aangenaam."
"Dorpie is klein en daar is nie veel om te doen of sien nie, behalwe 'n pragtige dam genaamd Hardap met 'n restaurant en asemrowende uitsig net buitekant Mariental."
"As dit nie die deurgang tussen die buitewêreld en Sossusvlei was nie, het dit nie 'n besoek verdien nie. Die Sesriem Canyon is aan te beveel en regtig iets om te beleef."
"Mini zoo by die Padlangs-padstal is baie oulik met ongewone diere soos ondere andere 'n zerd en 'n zonkie. Baie speelplek vir kinders wat voos gesit is a.g.v. lang Namibiese afstande as mens reis. Vriendelike eienaar om mee te gesels."
"Alles wat ek nodig gehad het by SPAR gekry en petrolstasies gerieflik naby. Het nie andersins in Mariental gekuier nie."
"Die omgewing roep jou telkemale terug! Dis absoluut fotogenies! Lyk tydens elke besoek anders."
"Die gebrek aan 'n eetplek behalwe die een naby Spur tel teen Mariental.Dalk is daar meer plekke, maar hulle word nie juis aangedui nie."
"Goeie rusplek na baie kilometers. Mense is vriendelik en hulpvaardig. Heerlikste pizza's geëet by die Padstal."
"Ons het 2 dae in die omgewing spandeer, maar sal beslis meer dae vir ons volgende vakansie beplan! Hou die hitte en lang afstande in gedagte en om die regte tyd op die regte plek te kan wees om foto's te neem en dit wat jy wil sien te kan sien. Sesriem se motorhawe beskik oor 'n goed toegeruste winkel met dit wat jy dalk kan nodig kry."
"Toerisme moet plekke besoek om meer waarde uit Mariental te kry. Daar is wel wegkruipplekke. Vra en die mense help."