Verified Reviews
Hardap
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hardap
Rated 3.9 out of 5 based on 72 reviews.
"Die natuurskoon by Sesriem en omliggende Sossusvlei-area is onbeskryflik mooi. Daar is 'n stille skoonheid wat nie maklik met 'n kamera vasgevang kan word nie. Die veldwagters het baie kennis van die natuur en ek sal dit aanbeveel om eerder saam met van hulle te gaan op 'n begeleide toer van al die besienswaardighede as om dit alleen aan te pak. Ek dink as besoeker sal die hele ervaring baie meer waardevol wees met al die inligting wat hulle deel oor die natuur en dierelewe. Omdat dit in die woestyn is, moet jy net goed voorbereid wees op die hitte in die somermaande. Dit raak baie warm."
"Ons het die aand by Die Kooperasie en Watergat gaan eet, wat 'n unieke ervaring was in die sin van ambience, vriendelike personeel, heerlike kos teen sakpaspryse en uitsteekende diens."
"Pragtige, skoon dorpie. Daar is 'n vriendelike plek waar jy lekker vleis kan koop. Die plek van die vleisvreters!"
"Ons het net een dag daar oorgebly, maar was baie beïndruk met Marlene wat ons wasgoed gedoen het en met die mooi Mariental Hotel en vriendelike diens. Die atmosfeer in die Koöperasie-restaurant was ongelukkig al wat ons daar bybly. Oral was die vriendelikheid en hulpvaardigheid baie opvallend. By Kry en Ry het ons lekker vleis en biltong gekoop en is vriendelik ontvang en bedien."