Verified Reviews
Hartbeespoort
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hartbeespoort
Rated 4.5 out of 5 based on 1092 reviews.
"Met al die gerugte oor betogings en die algemene toestand van die damwater was ons aangenaam verras. "
"Ai man, geen dam te sien, net hiasinte! Ek het op TV gesien daar is 'n maatskappy wat dit gaan verwerk tot kunsmis. Hoop dit gaan die probleem spoedig oplos ter wille van almal. Sterkte daarmee!"
"Ons het veral ons daguitstappie na Jasmyn geniet. Wat 'n awesome plek. Dankie Harties, ons sien julle sommer gou-gou weer."
"Daar is super baie om te doen en te sien! Die kabelkarretjies en dan ietsie koud vir die keel te drink en af te kyk na die dorp van bo die berg is asemrowend."
"Baie om te doen in die omgewing vir die wat avontuurlustig is, en vir die wat eerder lekker wil sit en kuier."
"Behalwe vir die plakkerskamp reg langs Montego Bay en die musiekgeraas op Saterdagaand, is dit 'n aangename bestemming."
"Paaie is sleg en dra swaar verkeer. Ek kan nie glo die dorp het al so uitgebrei, maar dat die opgradering van paaie totaal agterweë gebly het en baie verwaarloos is. "
"The dam is an amazing holiday destination there are so many things to do around there in fact we planning on going skydiving next holiday at Harties!"
"Hartbeespoort het die afgelope paar jaar baie agteruit gegaan, maar bly steeds 'n pragtige plek!"
"Baie dinge om te doen, die Animal and Snake Park is netjies en dit is regtig die moeite werd vir 'n lekker gesinsuitstappie. Die dam en berge bly mooi. Baie restaurante om uit te probeer. "