Verified Reviews
Hartbeespoort
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hartbeespoort
Rated 4.5 out of 5 based on 1092 reviews.
"Ons geniet al die eetplekkies en mooi omgewing. Hou van rustigheid as ek by 'n plek oornag. Mooi omgewing en netheid."
"Die informele nedersetting in Kosmos is 'n seer vir die oog en skep tog 'n veiligheidsrisiko."
"Ek dink nie ons weet altyd watse juweel van 'n land Suid-Afrika is nie. Ons het die wonderlikste parke en diere en als net 'n uur van die huis af."
"Pragtige natuurskoon en rustige atmosfeer met baie doendinge in die nabye omgewing."
"Ek het my vroutjie soontoe gevat vir ons 10 jaar huweliksherdenking en ons het dit regtig baie geniet. Daar is baie aktiwiteite. Ons het gaan quad bike ry, river rafting gedoen, zip lining gedoen en op die laaste dag by Cradle Health Spa spandeer. Dit was omtrent 'n fantastiese naweek gewees. "
"Die munisipale dienste blyk net so `n groot probleem soos elders in die land te wees. Sypaadjies word glad nie meer versorg nie en die plakkerskamp neffens die ingang is 'n oogseer en sekerlik ook 'n sekuriteits-risiko."
"Fantastiese plek, natuurskoon pragtig, rustig en sal enige tyd weer Hartbeespoort toe gaan en vriende soontoe aanbeveel."
"There was so much to do and see, but we had limited time. Planning to visit again in the near future. The people who sell artistic objects tend to go overboard with their pricing. To actually enjoy the place one would require a week or more. The hawking near the tunnel can be a headache."
"Is pricey, though to see some places around, one really needs a budgets, especially if you are with your family."
"Ons gaan baie Hartbeespoort toe. Plekke is baie duur, maar goeie ontspanning. Neem meestal ons eie kos en drinkgoed saam as ons iewers bly."
"Dis altyd lekker om soontoe te ry en al die besienswaardighede, stalletjies en restaurant wat mens kan besoek. Ons het selfs die Elephant Sanctuary besoek voor ons by Out of Africa lodge ingeklok het."