Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 2247 reviews.
"Die area voel baie veilig en dit is heerlik om langs die see te stap."
"Aangenaam verras oor die mooi woonbuurt. Maklike toegang tot die see/stapgeleentheid, restaurante, winkels, ens."
"Daar heers 'n lekker vakansie-gees. Goeie restaurante en oulike winkels om iets besonders te koop."
"Sandbaai is eerder 'n alternatiewe verblyf om Hermanus se groter omgewing te verken en geniet. Sandbaai is nie 'n aantreklikheid op sy eie nie."
"Waar is daar nog so 'n kombinasie van berg en see? Heerlike strande, pragtige kilometer lange geplaveide kusroetes om te stap, swempoele en as jy mooi kyk, dalk 'n walvis wat speel! Word jy dors of honger is daar talle koffiewinkels, goeie restaurante, almal 'n klipgooi van die see. Vir die fikser en meer avontuurlustiges is daar heerlike veilige staproetes in die berge rondom die dorp waar 'n mens nog altyd die koel seeluggie kan geniet en Walkerbaai in die oog het. Die Heme-en-Aarde vallei bokant Hermanus het oor die afgelope 30 jaar ontwikkel as een van die mees gesogte wynstreke en daar is oral proelokale waar jy jou and die beste wyne kan verlustig en as die beursie dit toelaat, kan koop. Dis voorwaar 'n unieke kombinasie nêrens elders te vind nie!"
"Besige paaie en ek het nie juis n vakansie-atmosfeer beleef nie. Weet nie hoe dit in seisoen is nie."
"Hermanus is 'n moet vir elke oorsee se toeris en 'n voorreg vir elke Suid-Afrikaner om herhaaldelik te kan besoek. Moet nie die "Country Market" elke Saterdag misloop nie."
"Absoluut mal oor Hermanus. Sal definitief weer daar gaan vakansie hou. Pragtige plek."
"Vermont is far enough outside of Hermanus that you don’t feel like you’re in a town, and close enough to get to everything quickly. The beaches are more rocky with grey pathways to walk and benches to sit on. If you want a beach for youngsters, Onrusrivier is 5 minutes away. "
"Onrus is pragtige dorpie as jy lus is vir rustig wees en uit besige stad wil kom. Die Wynroete ook 'n goeie idee om te besigtig. En Hermanuspietersfontein is lekker om te besoek en is op 'n Saterdag oop."