Verified Reviews
Hermon
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hermon
Rated 3.8 out of 5 based on 25 reviews.
"Ons het her gebly om na Riebeeck Kasteel en Ceres te gaan. Riebeeck Kasteel was 5/5. Fantasties! Ceres ook 3/5."
"Hermon is 'n klein dorpie, maar Riebeek-Kasteel is om die draai, pragtige dorpie en het alles wat jy benodig."
"Hermon is naby Riebeek-Kasteel, Wellington, etc. Fantastiese ligging en net 'n uur van die stad, see en groot wynroetes."
"Hermon het ons nie regtig veel van gesien nie, maar net 'n bietjie verder sit Riebeeck Kasteel. Dis 'n baie oulike dorpie wat ons baie verbaas het. The Jolly Olive maak 'n smullekker burger en dis blykbaar die mooiste uitsig in die dorp. Ek stem nogal saam!"
"Hermon self is nie rêrig 'n toeristebestemming nie. Dit is egter sentraal geleë en naby Riebeeck Kasteel wat 'n baie interessante plekkie is met lekker olywe en wyn. Die area as 'n geheel is 'n lekker bestemming."
"As jy behoefte het aan "ou-wêreldse" sjarme en wegbreek in die rustigheid van plaasatmosfeer is Hermon die ideale plekkie."
"Die omgewing is beeldskoon, natuurlik nie veel om te doen in die dorpie nie, maar as jy kom kuier om die natuur te waardeer is hierdie plek ideaal."
" Hermon omgewing is sentraal geleë, as jy die volgende plekke in 'n kort tydjie wil bereik: Malmesbury, Tulbagh, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Wellington."