Verified Reviews
Herold's Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Herold's Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 104 reviews.
"My eerste keer in Haroldsbaai en defnitief nie my laaste keer nie. Sal vir enigeen aanbeveel."
"Die baai self is 'n pragtige plek, sal vir enige een aanbeveel om te gaan draai op die strand."
"Haroldsbaai is baie rustig,veilig en sommer alles wat jy nodig het om te rus en jou siel te voed. Baie dankie aan LekkeSlaap se diens! Blyplek was volledig toegerus met meer as ons verwagtinge. Uitsig baie mooi. Sal waarlik weer van julle gebruik maak."
"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Die strand is pragtig en die mense baie vriendelik. 'n Juweel wat hopelik lank so sal bly. Gerieflik naby alles geleë indien jy nie elke dag strand toe wil gaan nie. Die kafeetjie onder by strand is redelik gerieflik toegerus. Dalk moet iemand die besigheidsgeleentheid sien en iets naby die strand oprig in seisoen."
"Pragtige baai. Hoewel daar nie eintlik restaurante op die baai area is nie. Alles is ver daarvandaan."
"Baie mooi strandjie met goeie privaatheid buite-seisoen, maar kan bietjie oor-besig raak binne-seisoen - soos meeste strande van hierdie kaliber. Ook binne maklike bereik vanaf George Lughawe en die dorp self."
"As jy 'n baie rustige plekkie wil besoek is Heroldsbaai beslis die bestemming. Dit was glad nie besig nie, dit is seker heeltemal anders in Desember."
"Heroldsbaai kort net 'n ordentlike Spar en moontlik nog so 2/3 uiteet-plekkies... sodat dit nie nodig is om na George te gaan vir inkopies nie."