Verified Reviews
Herold's Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Herold's Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 211 reviews.
"Heroldsbaai is 'n baie lekker dorpie en die lekkerste strand. Naby baie om te doen."
"Behalwe dat dit bietjie moeilik is om heeltyd George toe te ry vir inkopies, was dit so mooi en rustig. Love die plek. "
"Nie veel om te sien en te doen nie. Dit is basies net 'n woongebied en bied nie veel vir besoekers nie."
"'n Fantastiese strand, maar ek kan dink dat dit oorvol is gedurende die seisoen. "
"Lieflike stil rustige strandjie (miskien die feit dat dit in die week was wat dit so lekker rustig en stil gemaak het). Die roomysstalletjies onder langs die see is 'n besoek werd. "
"Heroldsbaai is 'n droom vakansieplek. Enigste plek wat ek van weet wat die strand hark. Asemrowend mooi en so veilig. "
"My kinders was jare gelede daar en hul dink dis een van die mooiste plekke waar hul al was, voel veilig om in die aand op strand te gaan stap, ons sal weer as gesin daar wil tyd gaan deurbring."
"Heroldsbaai is diep in my hart, hier het ek as kind saam met my grootouers gekom en dit is nog steeds vir my die beste strand ooit."
"Pragtige plek met die mooiste strand en planteryk. Sal enige tyd weer daar gaan kuier."