Verified Reviews
Hibiscus Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hibiscus Coast
Rated 4.3 out of 5 based on 3961 reviews.
"Ons besoek Uvongo al vandat ek omtrent 6 jaar oud is, en is altyd baie tevrede met die strand, en winkels wat so gerieflik naby is."
"Dis 'n klein, intieme strandjie - dit was regtig heerlik om te kon voel jy's op 'n eiland, weg van almal en geen geraas! Dit was lekker om die hele strand vir onsself te kon hê! Daar is nie baie sulke plekkies oor nie, so dit was 'n bonus!"
"Sanlameer self is 'n ongelooflike wegbreekplek vir familie. Alles wat jy wil hê is in een omgewing te vinde, hetsy dit 'n vinnige brood is wat jy wil koop, 'n romantiese stappie langs die strand of om af te koel in die hotel se swembad. Dit is werklik 'n plek waar familie en vriende rus en ontspan."
"Pragtige dorpie. Ons was buite seisoen daar en dit was heerlik rustig. Daar is 'n verskeidenheid restaurante om van te kies."
"Uvongo looks safe. It feels so too! It is clean, all round. Locals are welcoming and helpful."
"Shelly Beach is 'n pragtige stranddorpie met al die nodige winkels om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak."
"Uvongo is sentraal en al die plekke is maklik bereikbaar. Ons hou van Uvongo!"
"Margate het redelik baie agteruit gegaan die laaste paar jaar. Wat dit wel (volgens my) red is die beter, stiller en skoner strande rondom, soos Ramsgate en Marina Beach."