Verified Reviews
Hogsback
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hogsback
Rated 4.6 out of 5 based on 245 reviews.
"Pragtige klein dorpie. Ons kon ons oë nie glo nie toe ons vanaf die kaal gelyktes met die pas opgaan en voor ons lê die dorp volop met bome, blomme en struike. Ons kon 10 van hulle tuine besigtig teen 'n fooi van R75, alhowel 5 daarvan net op afspraak was en hulle telefone is nie beantwoord om afsprake te maak nie. Ons is ook aangeraai om eerder middel Oktober te kom wanneer die blomme in volle blom is. Sal beslis weer kom kuier veral as daar sneeu is want dit lyk dan glo prentjie mooi. "
"Restaurante in die hoofstraatjie is belaglik duur. Kies eerder die afegeleë plekkies en gaan soek na plekkies soos Away with the Fairies. Baie unieke pub met die heerlikste pizza en mooiste uitkykpunte, staproetes en kampeerplek."
"Sommige van die snuistery winkels en restaurante is nie oop op 'n Maandag nie. Die kerkie is 'n moet sien."
"Ons hartsplek! Dis 'n groot draai om daar te kom, maar dis al die derde keer dat ons teruggaan. Ongelooflik!"
"Interessante dorpie om te verken. Mooi natuur. Jammer vir die verskriklike slegte strate, want dit is so 'n mooi toeristebestemming."
"Die een ster word net verloor omdat die pad verskriklik sleg is. Baie diep gate en daar word niks aan gedoen nie. Baie om te sien en te doen, maar die huurkarretjie het dit gemaak, al het dit soms gevoel ons skud ons longe los. "
"Pragtige dorpie in reënwoud met lekker eetplekkies en paradys vir stappers met staproetes vir almal. "
"Hulle moet iets doen omtrent die paaie. Die potholes is vreeslik en as jy nie 'n 4 x 4 ry nie is dit moeilik. "
"Die paaie is maar rof en staproetes verwaarloos maar dis alles die moeite werd om soveel natuurskoon te kan ervaar."
"Wonderlike omgewing, maar paaie en infrastruktuur laat veel te wense oor. Sommige staproetes onveilig weens ontbrekende roete aanwysings en gebrekkige instandhouding. Tog wel die moeite werd."
"Vergeleken met andere oorden in Suid Afrika lijkt de algemene infrastructuur van iets mindere kwaliteit, soos paaie, bewgwijzering wandeltracks enz."
"Hogsback se ongerepte natuurskoon, die watervalle en die oulike dorpie behoort op elkeen se "bucket list" te wees. Een dag is beslis nie genoeg om alles te sien nie. Volgende keer kom ek vir 'n volle week."