Verified Reviews
Hogsback
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hogsback
Rated 4.6 out of 5 based on 245 reviews.
"Excellent for hiking and cycling and enjoying nature. Unexpectedly cool in summer."
"‘n Plek wat almal gerus op hulle reislys kan sit, indien nog nie daar was nie!"
"Hogsback is 'n sprokiemooi klein dorpie in die Amathole berge, een van die mooiste plekke om te gaan stap of bergfietsry."
"Phone Graham Russell to go on a 3-hour birding trail to find parrots or narina trogon amongst others."
"Heaven on earth. Loved the trails. Had an outstanding food experience at Nutwoods."
"Hogsback is 'n heerlike wegbreek. Dit is ongelooflik mooi en rustig en bring jou weer na aan die natuur. Die staproetes en watervalle is pragtig."
"Dit bly 'n top bestemming vir buitelug avontuur. Ons was ongelukkig nie op 'n Saterdag daar om n Park run by The Edge te kon meemaak nie."
"We love Hogsback as a travel destination, lots to do and friendly people. Highlight is always the Eco Shrine and the Edge. The Madonna and Child is a must and the horseback riding is a must a Lowestoffe. We will definitely do the abseiling next time."
"It's a very tired looking area. In desperate need of overall maintenance and upgrade."
"Hogback is sprokiesmooi met vriendelike mense. Net jammer baie van die plekkies was toe a.g.v. 'n besige lang naweek. Uitstaande plekke. Lighthouse Ranch, Fairy Garden, Butterfly Bistro."
"Hulle noem dit nie verniet 'the village' nie- die gemeenskap is baie vriendelik en daar is fantastiese restaurantjies en 'n heerlike atmosfeer. Asemrowende natuurskoon. Besoek die Arboretum, groot boom en die talle watervalle!"
"Kwaliteit van restaurant is baie goed. Die natuur is uitsonderlik mooi. Ons beplan klaar ons volgende besoek in die lente."
"Die ongelooflik slegte grondpaaie skep 'n uiters slegte indruk. Verder verwag 'n mens dat die plantegroei 'n belangrike aantrekkingskrag van Hogsback moet wees, maar die verwagting word gou 'n teleurstelling weens die dominansie van uitheemse bome, struike en onkruid. Ons was te kort daar om hierdie indruk verkeerd te bewys en ons sal weer gaan om areas te soek waar die omgewing minder versteur is. By The Edge was ons ondervinding baie positief, die ligging is baie goed, die mense (en honde) is vriendelik en die kos baie goed."
"Heerlike dorpie, maar te veel toeriste. Ek raai aan om nie tydens die Desembervakansie te gaan nie."
"Dit is so mooi, 'n mens kan lank wegraak in die omgewing. Dit is 'n pragtige plek enige tyd van die jaar. Die mense is vriendelik, die tyd staan stil, die restaurante se kos is heerlik, en selfs die toevallige verspoelde grondpad die dorpie in wat veronderstel is om toegemaak te wees, was onwetend 'n 4x4-uitdaging sonder weerga."
"Hogsback is 'n pragtige, unieke, rustige dorpie en die regte plek om te ontspan en jou batterye te herlaai. Die tuine en omgewing is asemrowend mooi en jy voel regtig of jy in 'n sprokieswêreld is. Ons sal beslis weer Hogsback toe gaan vir 'n wegbreek."
"Ons het dit baie ongelukkig getref. Dit het ontsettend baie gereën terwyl ons daar was. Ons kon dus baie dinge nie sien of nie doen nie."