Verified Reviews
Jeffreys Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jeffreys Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 1352 reviews.
"Ek't nie nodig gehad om enige kos te maak of saam te neem nie. Jeffreys het alles en meer. Lieflike restaurante, lekker pannekoek-Vrydae by Spar se parkeerarea. Jaffels ook. Kospot en Vismandjie en Gisters het heerlike kos en kook kos is absoluut vingerlek lekker. Die kwaliteit is fantasties. Viswijf en Ninas is ook ander gunstelinge. Jacks Bagels, daars twee van hulle. Klomp winkels. Lekker koffie orals. Klere was by Tubs. Die strand is pragtig. Die dorp is vriendelik. Jeffreys is die beste!"
"Lekker plekkie waar my ma nog bly - moet sê dit het baie uitgebrei vandat ek klaargemaak het met skool daar in 2000. Maar die plattelandse gevoel is steeds met hulle aangesien mense op straat en strand nog groet. Maar dit gesê - ek is self nie baie lief vir die seelewe nie en bly rustig hier naby Vrede op pad Clarens toe - wens almal daar als van die beste."
"Soos alle vakansieplekke het Jeffreys ontsettend gegroei en het so bietjie van sy sjarme verloor, voel te veel soos 'n stad en nie meer die kusdorp wat ek van my kinderdae onthou nie, maar "each to their own". Kom besluit vir jouself."
"Ons het vir jare in Jeffreysbaai Desembervakansies deurgebring - heerlike plek om jou skoene uit te skop!"
"Jeffreysbaai is 'n pragtige vakansiedorpie. Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet by 'n verskeidenheid van restaurante."
"Ons het slegs besoek vir die Baviaans fietsren. Nie kans gehad vir toerisme-aktiwiteite. "
"Vriendelike mense, ons het ingeloer by Flower Boutique en J-Bay Biltong, het lekker gesels met die eienaars. Voorstrand-area baie mooi uitsig op die see, het koffie gedrink by Tasty Table Cafe, oulike plekkie."
"Kom beslis weer. Net 'n cool plek. Almal baie vriendelik. Surf winkels. Baie goeie inkopie-ervarings."
"Uitstekend en baie keuses van verblyf en pryse, mooiste dorp en omgewing, baie om te doen."