Verified Reviews
Johannesburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Johannesburg
Rated 4.1 out of 5 based on 1399 reviews.
"Nelspruit is ver van Johannesburg maar die moeite werd om daar te oornag."
"Dis is vir my te besig as 'n vakansieganger. Maar daar is baie te doen en te sien. Ek het vir werkverpligtinge oorgeslaap."
"At first we were afraid of booking in Johannesburg but we were safe and protected."
"Ek is nie 'n stadpersoon nie, geniet nie die verkeer nie. Maar geniet wel al die verskeidenheid winkels wat daar is. "
"Ek is 'n bosveld-mens, ek sal slegs na JHB reis indien dit noodsaaklik is. "
"Ek kom van die Kaap so vir my is Johannesburg nie veel van 'n toerismebestemming nie."
"Boksburg kan die middelpunt wees om Gauteng te verken."
"The reception area is very unprofessional and no phones for rooms and reception."
"Nie meer veilig nie. Voel nie gemaklik om daar te ry nie en bang om alleen in winkels te gaan."
"Bly maar woelig en handhaaf chroniese gevoel van weerloosheid waar dit by persoonlike sekuriteit kom. Deelkrag help nie in dié verband nie."
"Hierdie spesifieke area, Muldersdrift, voel nie soos Johannesburg nie. Mens vergeet amper dat jy in die stad is. Absolute vakansieatmosfeer en tog so naby aan van die mees moderne koop en rekreasie ervarings beskikbaar."
"Vir die doeleindes waarvoor ons daar was sou ek dit as 'n toeristebesoek beskou, maar dit is steeds vir my te kommersieel om as 'n werklike toeristebestemming beskou te word."
"I have lived in Johannesburg for a year and it is NOT Cape Town, which is my home."
"Ek het 6 jaar terug daar gewoon. Die plek gaan maar agteruit soos alles anders."
"Vrees die metro-polisie in die aande, want hulle trek mens af en eis omkoopgeld, daar is heelwat jaagduiwels en is nogal moeilik vir my van die Bosveld om aan al die verkeer gewoond te raak."
"Uiteetrestaurante maak nie voorsiening in sekere dele vir mense wat nie Halaal is nie. Hulle verskaf geen drank saam met aandetes nie en bedien ook geen vark, spek en eiers in die oggende nie. Toeriste moet tog die opsie hê om te kies."