Verified Reviews
Jongensfontein
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jongensfontein
Rated 4.8 out of 5 based on 169 reviews.
"Ons verlang klaar terug, na die pragtige plek en die vriendelike mense.Tot weersiens."
"A lovely seaside village for a great, quiet holiday with Stilbaai close enough to do the shopping you need to do for groceries and necessities. "
"Daar is 'n paar lekker gety-poele vir mense wat klein kindertjies het, lekker omgewing vir visvang en spearfishing (as die waters dit toelaat) en heerlike wandelpaaie naby Stilbaai se hawe en lieflike strande om te gaan stap. Gerieflike winkels lekker naby."
"Sou nie graag meer toeriste daar wil hê nie, want die ongerepte eenvoud van die plek is wat ons so aantreklik gevind het. "
"Enige tyd een van die bestes in die land. Veilig met pragtige staproetes, hengelparadys. Dis die plek vir lekker rus en sommer net lui wees."
"Die lekkerste wegbreek plek in SA! Die kinders is mal oor Jongensfontein. "
"Ek wil nooit weer op 'n ander plek gaan vakansie hou as Jongensfontein. Watter pragtige rustige, veilige vakansieplek! En beeldskoon mooi!"
"Dit is lieflike, rustige en baie veilige bestemming - mal oor die dorpie - Stilbaai is net klipgooi van Jongensfontein af sou jy inkopies wil doen. Hier kan jy rus en net die see geniet. Skoon en netjies. "
"Die omgewing is baie toerismevriendelik. Ons was wel net vir 'n naweek daar en sou graag langer wou bly."
"Daar is beslis iets anders en baie spesiaal aan Jongensfontein. En 3 pikkewyne is die beste restaurant wat ons nog by geëet het."
"Jongensfonstein is een van die mooiste kusdorpies in Suid Afrika om te besoek."
"Jongensfontein het nie 'n lekker swemstrand nie, maar is slegs 10 km vanaf Stilbaai waar daar wel 'n lekker strand is. Dit is wel baie veilig en rustig daar en perfekte plek om te rus."
"Dis die lieflikste skoon en stil plekkie. Die see se bries en branders is al wat jy hoor. Vriendelike mense. Treffend verby!"
"Pragtige vakansie-bestemming vir oud en jonk. Baie om te doen en die seelewe is baie interessant!"