Verified Reviews
Kaapsehoop
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kaapsehoop
Rated 4.7 out of 5 based on 347 reviews.
"Kaapsehoop is a great break away for a few days or just to spend the day. Make sure you walk to the escarpment edge / view point."
"Kaapsehoop is 'n wegbreekgeleentheid soos min. Indien jy voel jy moet bietjie herlaai van die stad se stress, is Kaapsehoop jou antwoord."
"Kaapsehoop is 'n pragtige klein dorpie met baie karakter en baie mooi ligging met heelwat om te doen. Die kwaliteit van die restaurante is net nie so goed nie. "
"We did a very interesting walk/hike through huge boulders and rocks, and arrived "at the top of the world". Looking at the fields around Kaapsehoop, I never would've thought that a view like that could be found there... Truly a second "God's Window". This is a captivating little town, enveloped by "angels' mist", and inhabited by free-range people and wild roaming horses.. Awesome!"
"Rustig met baie om te sien, definitief nie vir die stadsjapie wat hulle dae in winkelsentrums laat omgaan nie. Baie stapplek en weggesteekte plekkies om te verken vir diegene wat meer avontuurlustig is."
"Kaapsehoop is 'n baie lekker plek vir 'n nawee- wegbreek om af te skakel en net te rus. Die eetplekke is net nie vir die gesondheidsbewuste nie. Daar moet 'n inligtingsentrum wees vir aktiwiteite wat mens kan doen. Die inligting op die internet is nie akkuraat nie. Ons het navrae gedoen oor die spooktoer, maar kon geen inligting kry nie. "
"Mooiste staproetes na die waterval en die eskarp. Rustige dorpie met die mooiste perde! "
"Ek beveel enigiemand aan om hierdie dorpie te besoek. Dis 'n versteekte diamant in Mpumalanga. Uniek in elke opsig, van karakter, ligging asook die klimaat. 'n Moet op elke besoeker aan die Laeveld se lys."
"Die mooiste dorp met vriendelike en behulpsame inwoners. Lekker kuierplekke en die ideale plek om te ontspan en uit te rus."
"Kaapsehoop het 'n ouwêreldse sjarme en bekoring wat 'n mens bybly lank nadat jy weg is. Dit het 'n unieke kalmte wat 'n mens omring. "
"Ek't Kaapschehoop self eers ontdek so 5 jaar terug, en van daai dag af bly ek elke jaar terugkom as ek net 'n wegbreek kort van ons besige lewens in Gauteng. 'n Naweek in Kaapschehoop laat my meer rustig as 'n week by die see. Fantastiese dorpie."
"Lovely destination if you just want to relax as there's not much to do. The Bohemian Groove Café is a must for delicious food and friendly service, and it's pet friendly too!"
"Indien jy nie weet wat beteken "tranquillity" nie kom dan Kaapsehoop toe om die antwoord te kry."
"Pragtige, bekoorlike, ouwêreldse dorpie wat beslis weer en weer besoek kan word."