Verified Reviews
Kaapsehoop
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Kaapsehoop
Rated 4.7 out of 5 based on 347 reviews.
"Dorpie het al ons verwagtinge oorskry! Dis letterlik soos hulle sê: stresvrye area!"
"Lieflike dorpie met tonne karakter. My nuwe gunstelingdorpie. Kan nie wag om vir hele naweek daar te vertoef nie."
"Mooi stil en rustige dorpie. Mooi staproetes waar jy die wilde perde kan sien. Pragtige winkeltjie wat oudhede verkoop. Baie vriendelike inwoners."
"'n Juweel van 'n plekkie in die berg met die mooiste natuurskoon en rus en vrede. Nie so kommersieel soos die baie ander klein plekkies nie."
"A cool retreat from summer heat! Friendly and small tourist town with fabulous walks and birding. Was perfect for us as a great place to walk with our dogs. Will come again!"
"Pragtige plek. Baie reënerig, mistig en koel. Sprokieswêreld van sy eie. Wilde perde is pragtig. Perfekte wegbreek."
"Oulike plekkie. Verfrissend anders. Dierbare mense. Ek het die perde geniet wat deur die dorp beweeg."
"A lovely quaint little village with excellent dining, energetic yet relaxed and most friendly environment! Really worth the visit - certainly looking forward to our return visit in the near future."
"Baie, mooi en rustige dorpie. Mense ook vriendelik wat daar woon. Kaapsehoop sal ons weer sien."
"Kaapsehoop is `n pragtige dorpie met baie oulike winkeltjies en restaurante. Dis heerlik om deur die dorpie te stap en nog lekkerder om die berg uit te loop en van die uitkykpunt af die laslappiewêreld daar onder te sien. Die natuurskoon, die outentieke gevoel van die dorpie, alles is net te pragtig. Nota aan self: onthou `n groot hoed en sonskerm volgende keer wanneer ons gaan stap!"
"Kaapsehoop is a lovely destination for a night or two. Reasonably close to Kruger Park, and a lovely drive to get there from the N4. Seeing the wild horses wandering through the village and surrounds is a real treat. We were there on a Monday and the only downside was that many places were closed."
"'n Unieke bestemming vol klein verassings wat kort-kort opduik. Die mense is vriendelik en hoflik. Ons gaan al baie jare soontoe vir 'n wegbreek van die gejaagde Gauteng-lewe. Ons wens net meer kan gedoen word om die kosbare geskiedenis wat die dorpie vol lê te bewaar. Dit is 'n bestemming wat in jou hart inkruip en jou laat terugkom vir nog ervaringe."
"Oulike klein dorpie met verskeie staproetes om al die spinnerakke van die stad weg te vee."
"Ek hoop om te sien dat die dorpie in die toekoms groei as 'n toeristebestemming."
"Die plek gaan iets aan jou siel doen. Dis pragtig en misterieus in sy idilliese natuurskoon. Woude bedek in wit mis en wilde perde speel uit soos 'n sprokie. Gaan kyk self!"
"Kaapsehoop is 'n baie spesiale plek met spesiale mense. Dit is baie veilig daar. Ons sal net weer moet teruggaan soontoe. Ons het die perde in die strate baie geniet. Dit is net vir mense wat wil wegkom van die stad. Ideaal vir mense wat van stap hou."